×
Skakel na Engels

Maak jou matras in ’n kits skoon

Jy kan die slaap van die regverdiges slaap as jy weet jou bed is skoon en vry van enige allergene

1. Speel klaar met stof

Dis belangrik om korte mette met stof te maak, veral as jy saam met iemand woon wat tot allergieë geneig is. Druk ferm met die stofsuier se toestel waarmee jy bekleedsel skoonsuig, oor die boen sykant(e) van die matras. Gebruik ’n tuitvormige suigapparaat vir nou spasies en laat dit oor die kantstroke en opnaaisels gly. As jy meer tyd het, kan jy met ’n stoomyster oor die matras vee om die oppervlak-stofmyte te vernietig voordat jy begin stofsuig.

2. Verwyder vlekke en reuke

Matrasse met vlekke op is onooglik en dalk ook nie so welriekend nie. Probeer Scotchgard Upholstery And Carpet Cleaner (R87) om die vlekke te verwyder en as jy ná ’n ongelukkie moet skoonvee, vryf liggies daaroor met ’n ontsmettingsmiddel soos Dettol Hygiene Cleaner Aqua (R28 vir 750 ml) om enige bakterieë wat reuke veroorsaak, te vernietig. Pasop dat jy nie die matras te nat maak nie en maak seker dis heeltemal droog voordat jy gaan slaap.

3. Maak dit volgende keer makliker

Gebruik ’n matrasbeskermer en was dit minstens elke ses maande. (Kussingbeskermers behoort meer dikwels gewas te word.)
Sprinkel ’n bietjie koeksoda tussen skoonmaaksessies deur op die matras om dit vars te hou en van reuke ontslae te raak. Wag 15 minute lank voordat jy die matras goed stofsuig.

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief
 
Stort jou stres en moegheid weg en voel soos ’n nuwe mens, vol energie!

Verander storttyd in ’n bevredigende en vertroetelende ervaring met NIVEA se prikkelende nuwe stortjels, Powerfruit Refresh en Powerfruit Relax

Close