×
Skakel na Engels

Maak jou huis troeteldierbestand

Dierevergiftiging in huise neem al hoe meer toe. Hou jou troeteldiere veilig met dié vindingryke riglyne

1. Sak, Sarel

Hurk ’n bietjie en beskou die wêreld vanuit jou troeteldiere se perspektief (en ooghoogte). Teiken enige moontlike gevare soos die motgifballetjies in jou klerekas of die medisyne wat jy op die kombuistoonbank vergeet het. Gee aandag aan plekke waar jou stofsuier nie kan bykom nie.

 

2. Wees tuin-gereeld

Jou tuin is dalk die beste plek waar jou diere vry kan rondhardloop, maar daar skuil ook allerlei gevare waarvan jy moet kennis dra. Tamatieplante (nie die vrugte nie) is veral vir honde giftig om te eet, sê Karin Landsberg, ’n dieregedragskenner van Thinking Pets in Johannesburg. Wees versigtig met die gebruik van kunsmis en plaagdoders wat noodlottige gevolge vir jou troeteldiere kan inhou. Gaan die etikette van chemiese tuinmiddels na en baken gebiede waar jy gifstowwe gebruik, af. Vra ook jou veearts vir ’n lys van skadelike plante.

 

3. Pasop vir skoonmaakmiddels

Volgens die Griffon Poison Information Centre kan gevalle van troeteldiervergiftiging dikwels met skoonmaakmiddels wat oop en bloot rondstaan, verbind word. Troeteldiere is van nature nuuskierig, maak dus seker dat kasdeure toe is en hou skoonmaakmiddels buite hul bereik. As jy vermoed dat jou troeteldier vergiftig is, kyk uit vir tekens soos ongewone gedrag of uitermatige braking en kontak jou veearts onmiddellik.

 

Lees ook

Is jou troeteldier oorgewig?

Hou jou diere vlooivry

Kies die regte troeteldier vir jóú gesin

 

Teks het oorspronklik in Goeie Huishouding Julie 2012 verskyn

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief
 
Verleng jou matte se leeftyd

Onthou hierdie wenke vir die aankoop, versorging en skoonmaak van matte

Close