×
Skakel na Engels

Maak jou erf woef-bestand

Die meeste honde grawe gate uit verveeldheid of ontsnap uit die erf op soek na avontuur. Hou jou hond met dié maklike wenke gelukkig

1. Gaan stap elke dag

‘Alle honde het oefening nodig,’ sê Louise Basson, ’n professionele honde-afrigter en skrywer van Kaapstad. Hulle hou van nuwe reuke en plekke. Twee daaglikse stappies van minstens ’n halfuur lank elk stel die opgeboude energie vry wat hy later in jou tuin sou gebruik, sê Basson. Dis boonop goeie oefening – vir jou ook!

 

2. Gun jou ’n plekkie

Baken ’n speelplek in jou tuin af waar jou hond na hartelus kan grawe en baljaar. ‘Dis belangrik dat dit nie geïsoleer moet wees van waar die gesin normaalweg saamkuier nie, want dan sal jou hond dit vermy,’ sê Basson. Sien toe dat van sy gunsteling-speelgoed daar is om sy aandag te behou en sorg dat daar vars grond is waarin hy kan grawe. ‘Jy kan ook ’n paar kou-bederfies in die grond begrawe sodat hy dit moet soek,’ stel sy voor.

 

3. Hou Houdini in toom

‘As jy nooit met jou hond gaan stap nie, is hy meer geneig om te probeer uitkom,’ sê Basson. Lê hoenderhokdraad onder die grasperk of sit bakstene of sementblokke al langs die heining om te keer dat hy aan ’n ontsnaproete begin grawe,’ sê Basson. ‘Dis belangrik om te onthou as jy daagliks tyd met jou hond deurbring, ook in die huis saam met die gesin, sal jou beste vriend minder geneig wees om te probeer ontsnap.’

 

Lees ook:

Is jou troeteldier oorgewig?

Hondsdolheid – wat jy moet weet

Diere-vriendelike verblyf in SA

 

Teks: Goeie Huishouding-tydskrif

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief
 
’n Netjiese badkamer in net 5 stappe

Nou hoef jy nie meer rond te skarrel op soek na oorpluisies en pynpille nie

Close