×
Skakel na Engels

Maak jou eie vlaggies

Gebruik oorskiet-lap om vrolike stringe vlaggies te maak

Hierdie is ’n oulike en kreatiewe manier om stukkies lap of selfs ’n ou hemp of rok te gebruik. Kleurvolle stringe vlaggies sal enige tuin, partytjie of kinderkamer ophelder. Dis te maklik om nié te probeer nie!

 

  1. Meet die afstand tussen die voorwerpe waaraan jy jou string vlaggies gaan hang en knip lint volgens dié lengte.
  2. Laat die lint uitgestrek op die vloer lê sodat jy kan besluit hoe jy jou driehoeke wil spasieer. Teken en knip ’n driehoek uit ou koerantpapier. Gebruik dié driehoek om soveel driehoeke uit die lap te knip as wat jy nodig het.
  3. Vou die kort boonste sy van elke driehoek 1 cm om. Stryk die soompies plat.
  4. Pak die driehoekies op jou lint uit. Gebruik nou materiaalgom om die lint in die soompies vas te plak.
Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief
 
Maak jou eie aansteekbord

ʼn Aansteekbord is ʼn moet vir besige mense en gesinne. Só kan jy self een maak:

Close