×
Skakel na Engels

Maak jou eie koekstaander

Hierdie is ’n lekker vinning en maklike doen-dit-self-projek – al wat jy nodig het, is ou borde en glase

Of jy nou ’n bobaas-bakster is of nie, nou kan jy minstens spog dat jy die koekstaander self gemaak het! As jy boonop kan bak en brou, is dit ’n bonus. Hierdie is ’n lekker vinning en maklike doen-dit-self-projek. Stuur gerus vir ons foto’s van jou eindproduk.

 

Wat jy nodig het:

  • 3 ou borde – groot, klein en ’n piering
  • 2 klein glasies (soos sjerrieglase), die een ’n bietjie groter as die ander
  • kleurlose gom
  • spuitverf

 

Volg die stappe:

  1. Maak seker die borde is skoon en droog. Gebruik ’n liniaal of maatband om die middelpunt van elke bord te vind – merk dit met ’n potlood of pen.
  2. Sit gom aan die bo-rand van die groter glas. Plak die glas in die middel van die grootste bord (op die deel waarin jy ko skep) vas.
  3. Sit nou gom op die onderkant van die glas (wat nou boontoe wys) en plak die onderkant van die kleinbordjie daaraan vas.
  4. Keer die piering op die werksoppervlak om. Plak die kleiner glasie se bo-rand aan die onderkant van die piering vas.
  5. Plak nou die klein glasie se “voet” in die middel van die kleinbordjie vas.
  6. As jou borde nie mooi motiewe op het nie, gebruik dan die spuitverf om die hele koekstaander een kleur te maak. ’n Dowwe silwer of selfs ’n uitspattige kleur soos helderpienk kan werk.

 

Let wel: Laat die gom goed droogword voordat jy die koekstaander gebruik.

Foto: Richard Burns

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief
 
Onthaal sonder sukkel

Die selferkende kosverslaafde Kate George deel vyf wenke wat enige gasvrou se lewe makliker sal maak

Close