×
Skakel na Engels

Maak dit: Vlaggies vir Vadersdag

Verras Pa hierdie Vadersdag met ’n handgemaakte ‘boodskap’ op vlaggies

Wees vanjaar kreatief met jou Vadersdagkaartjie!

Verras Pa hierdie Vadersdag met ‘n hangemaakte boodskap wat jy bo sy bed, teen die kombuismuur of in die gang kan hang.

 

Maak dit!

Jy het nodig

  • A4-karton in die kleur van jou keuse
  • Papierstrooitjies
  • Skêr
  • Lint
  • Ponsmasjien

 

Aanwysings

  1. Druk individuele letters op karton uit in die skrif van jou keuse. (Ons het Circus gebruik).
  2. Gebruik ‘n ponsmasjien om gate in die letters te maak, en ryg dit saam met prettige papierstooitjies in kleurvolle lint.
  3. Knip snorre (of enige ander vorms) uit papier en knyp dit met wasgoedpennetjies aan die string vlaggies vas.
  4. Hang nou jou spesiale boodskap op waar Pa dit maklik sal sien!
Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief
 
Naweekpret vir die gesin

Hierdie week het ons 'n lys saamgestel van prettige (en bekostigbare!) maniere om Vadersdag te vier. Wat meer is, jy...

Close