×
Skakel na Engels

Maak dit: Kersboom-kolwyntjies

Dié feestelike snoepgoed is nie net absoluut heerlik nie, maar kan ook dien as versiering vir jou Kerstafel

 

 

Maak 6 kolwyntjies

Bereidingstyd: 45 minute

Bestanddele:

6 sjokolade of vanieljekolwyntjies

3 koppies tuisgemaakte of gekoopte vanieljeversiersel

2 e groen voedselkleursel

6 roomyshorinkies

eetbare silwer koekballetjies

verpoeierde suiker om mee te bestuif

 

Vir buisversiersel:

Deegsak of groot herseëlbare plastieksak

Klein stervormige deegtuit

 

Aanwysings:

  1. Indien nodig, sny die bokant van die kolwyntjies af om ’n plat oppervlak te skep. Smeer ’n bietjie van die versiersel op die kolwyntjies om ’n basis te skep waarop jy die roomyshorinkie kan posisioneer om soos ’n boom te lyk.
  2. Roer die voedselkleursel by die oorblywende versiersel en voeg meer by totdat jy die groen skakering na jou smaak gekry het. Wend ’n dun lagie versiersel aan op die buitekant van die horinkies.
  3. Skep die res van die gekleurde versiersel in ’n deegsak met die stervormige deegtuit. Plaas die horinkies op die kolwyntjies en maak dan blaarvorms met die versiersel daarop.
  4. Versier met die eetbare silwer koekballetjies en bestuif met verpoeierde suiker.

 

Maak vooruit:

Sodra dit versier is, kan die horinkies vir ’n dag in ’n lugdigte houer gebêre word. Smeer versiersel op die kolwyntjies en plaas die versierde horinkies net voor opdiening daarop.

 

 

Kry nog:

 

Ons is absoluut versot op dié oulike Kersboom-kolwyntjies van Just a Taste. Kliek hier vir die oorspronklike resep en ’n videotutoriaal.

 

 

As jy voel dié kolwytjies is ’n bietjie te ambisieus vir jou bakvaardighede – hoewel ons jou belowe dis makliker as wat dit lyk – hoekom probeer jy nie hierdie Kersboom-brosbeskuitjies nie?

 

 

 

Kliek hier vir nog wenke, tutoriale en resepte van die New Yorker Kelley Senyei, stigter van die kosblog Just a Taste en skrywer van Food Blogging for Dummies (John Wiley & Sons Inc).

 

 

Foto-erkennings.

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief
 
Siba Mtongana se Kersspyskaart

Berei vanjaar Kersgeregte soos ’n TV-sjef voor met Siba Mtongana se resepte. Dis maklik om te maak, kos nie ’n...

Close