×
Skakel na Engels

Maak dit: Kersblakers

Dis maklik om dié kersblakers met hul sjiek, industriële gevoel aanmekaar te sit

 

Dis maklik om dié kersblakers met hul sjiek, industriële gevoel aanmekaar te sit − en dit lyk boonop soos ’n treffende stukkie beeldhouwerk.

 

Vir selfdoen: gaan na ’n hardewarewinkel vir ’n 1½-duim koeëlgewrig en vier seskantige koppelstukke (1½”by 1¼”,1¼” by 1″, 1″ by ¾” en ¾” by ½”).

(Vergemaklik jou taak en neem die tydskrif saam winkel toe sodat jy die foto van die eindproduk vir die assistent kan wys.)

Draai die skroefdraadpunt van die 1½”-koppelstuk in een punt van die koppeling, skroef dan die koppelstukke van groot tot klein saam. Vir ’n sagter voorkoms kan jy jou skepping met mooi pastelkleurige spuitverf van jou keuse afrond.

 

Lees ook:

Skep ’n vertikale tuin

Maak dit: ’n Muurhorlosie

Maak dit: Koekstokkies

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief
 
Maak dit: ’n Prentjiemooi skinkbord

Laat die kaart-modegier jou inspireer en gee ’n skinkbord van blik of emalje ’n persoonlike inslag

Close