×
Skakel na Engels

Maak dit: Doop jou meubels

Gee nuwe lewe aan ou meubels deur dit op te kikker met ’n spatsel kleur

As jou eetkamer vir ’n verandering smeek, maar jou beursie kan nie byhou om die stoele (of tafel) te vervang nie … doop bloot jou stoele in ’n prettige kleur verf.

 

Nie net is die kleurdoop-neiging pret nie – dis boonop ook ’n vinnige, maklike selfdoenprojek. Die ander voordeel is dat jy enige kleur verf kan kies. Omdat jy slegs ’n klein gedeelte verf sal dit nie oorweldigend wees nie selfs al gebruik jy neongroen of helderpienk.

 

Wat jy nodig het:

  • Skuurpapier
  • Lap
  • Maatband
  • Potlood
  • Verf
  • Verfkwaste
  • Maskeerband

Stappe:

  1. Gebruik ’n maatband en potlood om ewe lang dele op elke poot af te meet.
  2. Om te verhoed dat jy onegalige lyne verf, plak die maskeerband net bo die potloodmerk.
  3. Skuur die dele wat jy wil verf liggies af. Vee dié dele met ’n klam lap skoon.
  4. Nou’s jy gereed om te verf!
  5. Laat die verf goed droog word voordat jy die maskeerband verwyder.

Hier’s ’n paar oulike voorbeelde:

Foto van Design Sponge

 

Foto van Apartment Therapy

 

Keer die dooptegniek om deur net die boonste dele te verf:

Foto van Piccsy

 

Foto van The Sweet Beast

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief
 
Maak kerse in ou teekoppies

Antieke teekoppies wat hul pierings verloor het, kan oulike geskenkies maak as hulle in kershouers verander word

Close