×
Skakel na Engels

Maak dieetkoeldrank jou vet?

As jy gewig wil verloor, beteken dit jy kan dieetkoeldranke drink, reg? Verkeerd! Leer hoe dieetkoeldranke tot jou gewig kan bydra en probeer dié vier stappe om dit vir goed op te gee

 

 

Het jy geweet een van die algemeenste produkte wat oorgewig volwassenes in die VSA gebruik, is dieetkoeldrank? In ’n studie wat amper ’n dekade lank geduur het, was ouer mense wat twee of meer dieetkoeldranke per dag gedrink het se maagomvang ses keer groter as dié wat niks gedrink het nie.

 

Hou dit verband met die versoeters daarin, of word dieetkoeldranke se “opgegaarde” kilojoules êrens anders versteek?

 

Navorsers krap nog kop hieroor, maar indien jy na water (gewoon of met ’n vonkel in) oorskakel, hoef jy nie te wag om uit te vind nie.

 

Kenners soos prof. Tim Noakes sê kunsmatige versoeters maak die reaksie na wat suiker op die liggaam het, en dit het onnatuurlike insinkings in suikervlakke tot gevolg, en ’n gevolglike kosdrang vir en verbruik van wat jy juis probeer uitsny.

 

Haat jy die gedagte daaraan om jou gunsteling-dieetkoeldrank op te gee?

 

 

 

Probeer dié vier stappe:

 

1. Dis tyd! Verwyder vandag nog enige dieetkoeldranke en aanmaak-vrugtesap uit jou yskas en kaste.

 

2. Eet lae-GI-, proteïenryke kos en maaltye met gesonde vette om skerp stygings van suikervlakke te verminder – as jy van die insulien-tuimeltrein af bly, sal dit keer dat jy suikerige dieetkoeldranke wil drink.

 

3. Sorg dat jy klaar opgesnyde bestanddele soos suurlemoene, lemmetjies, lemoene of aarbeie byderhand het om by ’n glas vonkelende water te voeg.

 

4. Energie-insinking? ’n Handvol neute soos amandels kan help dat jy nié na ’n vinnige gaskoeldrank wil reik nie. En bly weg van kitskos – dis gemaak om saam met gaskoeldrank te geniet.

 

 

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief