×
Skakel na Engels

Ma-en-dogter-dag met Dermalogica

Ons lesers is omtrent bederf by dié spesiale geleentheid wat met trots deur Goeie Huishouding en Dermalogica aangebied is

Goeie Huishouding en Dermalogica het op 19 Mei 2012 saam ’n fantastiese dag vir ons Kaapse ma’s en dogters aangebied in die Dermalogica-winkel in Wembley Square, Kaapstad. Die doel van dié lesersgeleentheid was om ma’s en dogters van verskillende ouderdomme die geleentheid te gee om ’n hele dag lank deur die bekwame Dermalogica-span bederf te word.

 

Ons lesers is bederf met verkwikkende behandelings (wat spesiaal aangepas is by hul veltipe), asook smullekker canapés (met komplimente van Sinn’s restaurant in Wembley Square). Ons lesers het ook geleer hoe om kolwyntjies soos bobaas-baksters te versier. En wie beter om hul touwys te maak as Lexi Bechet van Ma Mere Mansion, wat oorkant die Biscuit Mill in Woodstock geleë is.

 

Ná hul pamperlangsessies het ons lesers elkeen ’n geskenksak ontvang, propvol bederwe van Goeie Huishouding en Dermalogica. Die volgende geleentheid vind op 26 Mei in Johannesburg plaas.

 

Sien foto’s van die geleentheid hier.

 

Baie dankie aan al die borge wat die fantastiese dag vir ons moontlik gemaak het:

Ma Mere Mansion – vir die koekversier-werksessie

Prestige Homeware – vir die geskenksakke

GHD – vir die geskenksakke

Linen House – vir die geskenksakke

Sally Hansen – vir die geskenksakke

 

Vir meer inligting oor dié produkte, besoek gerus www.dermalogica.co.za.

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief
 
Wanneer ma moet troos

Ons wil graag weet hoe jy jou kinders ondersteun as hulle teleurgesteld is

Close