×
Skakel na Engels

“Ma, ek’s lief vir jou, want …”

50 Suid-Afrikaanse tieners vertel ons wat húl ma elke dag “die beste ma in die wêreld” maak
ma en kinders

1.  “… jy probeer altyd ‘cool’ wees voor my vriende, selfs al is jy duidelik nie.” – Samantha Pugh (14)

2.  “… ek het die ‘lawwe’ geen by jou geërf.” – Sandile Zulu (18)

3.  “… jy inspireer my (wanneer jy nie probeer snaaks wees nie).” – Monkagedi Segatle (18)

4.  “…jy is my hart se punt.” – Litho Mpoyisa (17)

5.  “… jý is liefde, dis hoekom!” – Thobeka Madondo (17)

6.  “… jy was nog altyd daar vir my.” – Mpendulo Ntshangase (19)

7.  “… ek verdien nie die dinge wat jy vir my doen nie, maar jy doen dit nietemin.” – Tasneem Atia (19)

8.  “… jy hou net so baie van skinder soos ek.” – Palesa Bashma, (16)

9.  “… ware liefde kan nie verklaar word nie. Ek is net lief vir jou.” – Gamelihle Khanyile (19)

10.  “… jy is vir my my begin en my einde. Ek kan my nie die lewe sonder jou indink nie. Jy het my gemaak en jy is ’n vegter wat dit nie kan verdra om verslaan te word nie.” – Mandisa Mzila (19)

11.  “… jy verras my altyd deur te sê: ‘Kom kyk of hier iets is wat jou pas’ wanneer ons inkopies doen.” – Samkelisiwe Mthembu (19)

12.  “… jy het my nog altyd my drome laat nastreef sodat ek dieselfde drome kan verwesenlik as wat jy vir my opgeoffer het.” – Toby Jones (16)

13.  “… jy leer ons elke dag iets nuuts.” – Bianca Mullins (14)

14.  “… jy probeer my voor my pêlle soen.” – Jared Pollock (17)

15.  “… jy maak die lekkerste akni.” – Ilhaam Matthews (14)

16.  “… jy ondersteun al my besluite, al is dit ook hoe drasties.” – Leya Michaels (15)

17.  “… jy neem altyd die mooiste foto’s van my.” – Hannah Bell (13)

18.  “… jy laat toe dat my maats ná sokkeroefening by my oorslaap, of ek by hulle.” – Eli Barker (13)

19.  “… jy is ’n enkelma en jy laat my nooit minderwaardig voel of asof ek iets kortkom nie.” – Panama Keartland (15)

20.  “… jy is ’n vegter.” – Avuyile Mbangatha (19)

21.  “… jy oordeel my nooit nie en het my onvoorwaardelik lief.” – Anoushka Beattie (14)

22.  “… jy gaan uit jou pad om my spesiaal en selfversekerd te laat voel.” – Thembi Ndlovu (15)

23.  “… jy het my geleer hoe belangrik wyn is!” – Alice Janesseune (19)

24.  “… jy het my heimlik liewer as my klein sussie!” – Bethanny Poisson (13)

25.  “… jy laat my met jou motor tot by die skool ry en al my vriende dink dis awesome!” – Garcia Barker (18)

26.  “… jy laat ons altyd lag en jy gee nie om dat my kêrel by ons oorslaap nie.” – Brittany Russouw (19)

27.  “… jy weet altyd wie die vals vriende is voordat ék dit weet.” – Nokuthula Shezi (17)

28.  “… jy het my een keer vertel my geboorte was die beste ding wat ooit met jou gebeur het, en toe kry jy my boetie.” – Unathi Mdletshe (14)

29. “… jy laat my lekkergoed vir ontbyt eet wanneer ons vakansie hou.” – Riley Gouws (13)

30. “… jy werk baie hard en ek kan die vreugde in jou oë sien wanneer jy eindelik by die huis kom en kan ontspan.” – Azania Manentsa (13)

31. “… dit is so maklik om met jou te praat, of altans noudat ek ouer is.” – Lynneeze Phillips (18)

32.  “… ek sou niks wees as dit nie vir jou was nie. Jy is my rots!” – Michaela Vermeulen (19)

33.  “… jy oordeel nooit my keuses nie en jy laat my altyd uit my foute leer.” – Tristan Chelton (17)

34.  “… jy is geweldig hardwerkend en jy gee altyd die beste raad.” – Ashleigh Abrahams (19)

35.  “… jy leer my hoe om sterk te bly, maak nie saak wát nie.” – Anna Emery (15)

36.  “… jy is altyd daar vir my om my deur moeilike tye te help.” – Ethan Hotman (15)

37.  “… jy gee elke dag vir my kos! anders as ander ma’s het jy my nog altyd toegelaat om oop en eerlik met jou te praat, selfs oor dinge waarmee jy nie saamstem nie.” – JP Lefleur (18)

38.  “… jy het gesê: ‘Enige meisie wat jou hart wil breek, sal eers verby mý moet kom!’ ” – Yaeesh Williams (16)

39.  “… jy het altyd die regte antwoorde.” – Xolani Vilakazi (18)

40.  “… jy het pas my eerste motor vir my gekoop en jy vertrou my genoeg om op my eie te bestuur.” – Regan Naidoo (18)

41. “… jy maak die lekkerste aandetes en vra my altyd uit oor my dag.” – Caleb Barker (16)

42.  “… jy weet altyd hoe om my beter te laat voel wanneer ek ’n bietjie down is.” – Liberte Jones (14)

43.  “… selfs wanneer ek misluk, help jy my altyd op een of ander manier om die positiewe te sien.” – Gizelle Thulsie (13)

44.  “… jy help ons altyd wanneer ons sukkel en jy kla nooit nie.” – Azara Heslop (13)

45.  “… jy is net so behep daarmee om Sondae Keeping Up with The Kardashians te kyk as wat ek is.” – Amy Carrolus (16)

46.  “… jy het my onvoorwaardelik lief, selfs al jaag ek soms nonsens aan.” – Joshua Barnes (14)

47.  “… jy gee net so baie vir my om as wat ek vir jou omgee, en ek weet in my hart dat as ek vir jou ’n berg versit, sal jy ’n selfs groter een vir my versit.” – Reyhaan Rassool (17)

48.  “… jy het my geïnspireer en toegelaat om my eie loopbaan te kies pleks van in jou voetspore te volg en ’n dokter te word soos almal verwag het.” – Alex Peterson (19)

49.  “… daar gaan nooit ’n dag verby dat jy nié vir my sê jy’s lief vir my nie.” – Leilah Williams (17)

50.  “… jy het die grootste hart en jy is altyd bereid om met ander te deel waar jy ook al kan.” – Jozette Rhodes (16)

FOTO: iStock/filadendron

LEES OOK:

 

 
Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief
 
Moedersdagkopies vir minder as R150!

Bekostigbare presente waaroor jou ma dol sal wees

Close