×
Skakel na Engels

Lyk Vlekkie effens bedruk?

Troeteldiere toon dikwels menslike emosies, maar dis belangrik om hulle nie as ons eweknieë te behandel nie omdat hulle steeds ’n ander spesie is, herinner Dominique van Gaalen van Thinking Pets in Johannesburg

 

 

“Navorsing toon dat troeteldiere soortgelyke emosies as basiese menslike emosies ervaar, soos blydskap, woede, vrees en alleenheid, omdat hul breinstruktuur opmerklik soortgelyk aan ons s’n is,” sê Van Gaalen.

“Troeteldiere leer deur assosiasie. Hulle sal dus voortgaan om op ’n sekere manier te reageer as dié gedrag ’n positiewe reaksie ontlok, soos om aandag te kry. As jou troeteldier spanning ervaar, is dit beter om hom gerus te stel deur sy aandag met iets vroliks af te lei,” sê Van Gaalen. Die hoeveelheid natuurlike aktiwiteite waaraan troeteldiere deelneem, help ook baie om hul gemoedstoestand te verbeter. “Maak seker dat jy dikwels aan al hul behoeftes om te kou, lek, snu­ffel, vang en speel voldoen.”

 

 

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief
 
3 maniere om jou troeteldier se gewig in toom te help hou

’n Oorgewig troeteldier is nie gesond nie. John Adam, ’n veearts van Durbanville, vertel hoe jy kan bepaal of hy/sy...

Close