×
Skakel na Engels

Lyk stylvol op ’n klein begroting

Volg hierdie wenke om goed versorg te lyk en laat selfs die mees bekostigbare klere duur lyk
stylish woman

’n Goed versorge, tydlose voorkoms – dit is wat jy nodig het om stylvol te lyk. Ons is geneig om te dink ons moet hope ontwerperstukke en ander duur artikels koop om stylvol te lyk, maar dis nie noodwendig waar nie. Hier is ’n paar wenke om jou klere ten beste te benut.

  1. Sorg vir jou klere. Dit is so ’n ooglopende wenk, maar jy sal verras wees hoeveel beter ’n kledingstuk kan lyk wanneer dit gestryk en in ’n uitmuntende toestand is. Voordat jy ’n basiese klerekas saamstel, evalueer jou lewenstyl: Het jy toegang tot ’n droogskoonmaker en die tyd om katoenhemde te stryk? Indien nie, moenie in duur materiale belê wat net droogskoongemaak kan word of klere wat nie gedra kan word as dit nie gestryk is nie. Lees die klere-etikette versigtig (dis daar vir ’n rede!) en was jou klere op die regte manier om dit vir jare in ’n goeie toestand te hou.
  2. Dit gaan alles oor die detail. Daardie geel vlekke onder die arms van jou geliefkoosde wit T-hemp of daardie vermiste knoop of los soom op een van jou kantoorbloese? Dis meer ooglopend as wat jy dink. Sorg vir jou klere en stel foute reg soos dit gebeur. Vervang klere wat nie meer so wit is nie of vermiste knope dadelik en behandel vlekke op die regte manier. Het jy ’n baadjie of hemp wat nog in ’n goeie toestand is, maar ’n bietjie vervelig voel? Werk eenvoudig ander knope aan.
  3. Belê in tydlose kledingstukke en bestee minder aan byderwetse bykomstighede. Dit is ook ou nuus, maar ons kan dit nie genoeg beklemtoon nie – bestee meer geld aan goeie, klassieke kledingstukke wat jy oor verskeie seisoene kan meng en pas (’n swart baadjie, wit hemp, stewels en dies meer) en spaar geld aan modieuse artikels soos kleurryke serpe of kostuumjuweliersware wat nie te moeilik sal wees om in ’n paar seisoene te vervang nie.
  4. Maak seker jou klere pas behoorlik. Jy kan die duurste baadjie en bloes dra, maar as dit nie die regte nommer is nie, sal jy nie stylvol lyk nie. Maak seker jy dra die regte nommer, selfs al is dit nie dieselfde vir verskillende kledingstukke nie (onthou, klerenommers is presies net dit – nommers) en moenie iets dra wat nie gemaklik en vleiend is nie.
Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief
 
17 gedagtes wat elke vrou het wanneer sy besluit wat om aan te trek

“Ek het niks om aan te trek nie. Nee, wag, ek het heeltemal te veel om aan te trek.”

Close