1. GEE JOU WENKBROUE OEMF
Dié subtiele kunsie kan jou hele gesig só lig dat jy min ander truuks hoef te probeer. Gebruik net ’n dubbelhoekkwas om wenkbrouhaartjies in die rigting van jou haarlyn te borsel, spuit ’n tikkie haarsproei op jou vingerpunt en klad dan al langs die bogie sodat dit heeldag in plek bly.
2. MAAK VRIENDE MET VERBRONSER
Verbronser gee jou ’n gesonde gloed en laat jou oë en tande ook witter vertoon. Warrel ’n poeierformule in sirkelbewegings aan. Probeer Inglot AMC Bronzing Powder (R269), Elizabeth Arden Pure Finish Bronze Powder (R260) in Deep Radiance of Jane Iredale Quad Bronzer (R606) in Moonglow.
3. BEKLEMTOON JOU BESTE
Gefrustreerd met ’n vaal veltoon? Wend verligter aan die punt van jou neus, aan die bokant van elke wangbeen en in jou kupido-bogie (daardie duikie tussen jou neus en bolip). Dis soos ’n gesigmassering in 30 sekondes – jy straal sommer oombliklik. Ons hou van Physicians Formula Multi-colored Custom Pressed Powder (R175) in Trans- lucent/Beige.
Bron: Goeie Huishouding-tydskrif