×
Skakel na Engels

Lok voëls, bye en skoenlappers na jou tuin

Plant die plante waarvan hulle hou en sit die gezoem en gefladder terug in jou tuin

garden birds

Beplan en plant om so ’n groot verskeidenheid van voëls en insekte as moontlik te lok, en jy sal die plesier beleef van ’n tuin wat waarlik zoem van die lewe – en ’n wonderlike plek vir jou kinders om meer omtrent die natuur te leer. Jy sal ook jou deeltjie tot bewaring bydra, aangesien elke stadstuin ’n hawe vir voëls en insekte is.

1. Vir voëls

Suid-Afrika het byna 900 stand- en trekvoëlspesies, waarvan minstens 100 algemene tuinbesoekers is. Met die regte plante kan jy enigiets van tien tot 50 verskillende voëls hê wat jou tuin besoek. Belê in ’n voëlgids en begin om rekord te hou van besoekers. Hugh Chittenden se Roberts Birds Guide (Jacana Media) en die Sasol First Field Guide to Common Birds deur Tracey Hawthorne (Random House Struik) is goeie keuses.

• Plant struike en bome met nektarryke blomme, en bessies en grasse vir nesmateriaal en saad.

• Verskaf ’n sanderige strook vir stofbaddens.

• Stel ’n voëlbad of -voerder op.

• Oranje en rooi blomme soos aalwyne, Kaapse kamferfoelie en rooiwarm vuurpyle sal suikerbekkies nader lok.

2. Vir bye

Daar is meer as 1 000 soorte bye wat hulle in jou tuin kan tuismaak.

• Plant eenvoudige lekkerruikblomme met oop kerne soos madeliefies, of met wye tuite soos vingerhoedjies, wat maklik toeganklike nektar en stuifmeel het. Dubbele blomme met massas blomblare maak dit moeilik om by die nektar uit te kom.

• Pers, blou, geel en wit is die kleure wat bye die aantreklikste vind.

3. Vir skoenlappers

Kry Simon van Noort se Sasol First Field Guide to Butterflies and Moths of Southern Africa (Random House Struik) en begin meer as 650 skoenlapperspesies identifiseer. • Plant nektarryke plante in sonnige dele van jou tuin.

• Hou ’n sandstrook oop waar reën kan versamel om modderpoeding te maak, wat die manier is waarop skoenlappers sekere belangrike voedingstowwe opneem.

• Stadig met die uitroei van onkruid: Melkbossie, brandnetels en kiesieblaar is belangrike gasheerplante vir skoenlapperlarwes.

 

 

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief
 
In die Oktober-uitgawe

Sommige van die opwindende artikels wat jy in ons nuutste uitgawe kan lees!

Close