×
Skakel na Engels

Local is lekker: ’n keur van Suid-Afrikaanse velsorgprodukte

Ons het die beste Suid-Afrikaanse velsorghandelmerke uitgekies wat bekostigbaar is sonder om gehalte prys te gee

Ons almal weet dat Suid-Afrika ’n ongelooflike land is, maar het jy geweet dat hier ook ’n paar wêreldgehalte-velsorgprodukte vervaardig word? Dis nie meer nodig om vir duur oorsese produkte te betaal nie, want ons kan, en behoort, plaaslik te koop.

Baie van die produkte wat in Suid-Afrika gemaak word, bevat inheemse bestanddele, wat beteken dat hulle uniek aan ons land en perfek vir ons vel is. Hier is ons gunstelinge:

1. African Extracts

Hierdie handelsnaam, wat al ’n indrukkende 15 jaar bestaan, maak van bioaktiewe rooibos gebruik wat in die Sederbergstreek van die Wes-Kaap geplant en geoes word. Daar is produkte vir ’n normale en ’n verouderende vel, asook ’n vel wat tot aknee geneig is. 

2. The Victorian Garden

Hierdie gewilde velsorgreeks het sy ontstaan aan die stigter se oumagrootjie te danke. Sy het in haar dagboeke geskryf hoe sy kruie vir kosmetiese gebruik gekweek het. Alhoewel die maatskappy ’n klein begin gehad het, vervaardig dit nou alles van gesig- en lyfprodukte tot haarsorgmiddels. 

 

3. Bee Natural

Die sleutelbestanddele in Bee Natural se produkte is heuning, wat bekend is vir sy antibakteriële eienskappe, en byewas, ’n veelsydige produk in die vervaardiging van velsorgmiddels. Hierdie maatskappy ondersteun nie net skoonheid sonder wreedheid nie, maar neem ook voorheen benadeelde vroue in diens om hulle te bemagtig. 

4. Lipidol

’n Paar jaar gelede, toe oliereinigers gewild geraak het, is Lipidol deur die vervaardigers van Bio-Oil bekendgestel. Hulle eenvoudig verpakte produkte bestaan uit ’n sonskermolie, gesigolie, naskeerolie en meer. 

5. Oh So Heavenly

Hierdie handelsmerk wat by Clicks-winkels landwyd beskikbaar is, bestaan uit ’n verskeidenheid reekse, van velsorg tot haarsorg tot persoonlike sorg. Met reekse vir volwassenes, babas en kinders is Oh So Heavenly en sy verskeie lieflike gegeurde produkte werklik gesinsvriendelik. 

FOTO: iStock/Peopleimages

LEES OOK:

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief
 
Kleurverbloemers: Watter kleure vir watter probleem?

Groen, geel, oranje of pers? Ons wys jou wanneer jy wat moet gebruik

Close