×
Skakel na Engels

Local-is-lekker-kookklasse

Sit jou voorskoot aan, rol op jou moue en maak ’n paar watertand-lekker geregte. Kies uit hierdie kulinêre ervarings:

 

 

BAK EN ONTHAAL VIR DIE FEESTYD

WAAR: LiV’iN Batterie de Cuisine, Woodlands Boulevard, Pretoria-Oos

WAT: Jy berei ’n driegangmaaltyd en kan ’n snoephappie huis toe neem. Elke dag het ’n ander spyskaart, behalwe vir 19 Desember (09:00 tot 13:00), wanneer amandelskuimpies op die spyskaart sal wees. Gange sluit in tarte tatin met geroosterde groente, voorgesit met olyftapenade; garnaal-en-choriza-paella; en steranys-panna cotta, voorgesit met mango-sorbet. Snoephappies sluit in swartpeper-en-aarbeifudge en gemmerbrood en Zimtsterne.

WANNEER: 20 en 27 November en 10, 18 en 19 Desember 2014 (twee sessies per dag: 09:00 tot 12:00 en 14:00 tot 17:00)

KOSTE: R350 per persoon (sluit al jou bestanddele en twee nie-alkoholiese drankies per persoon in, en al die resepte sal aan jou ge-epos word).

KONTAK: E-pos sjef Jade by jade@livin.co.za of bel 012 997 7427 of 082 508 9418.

 

 

WIL(D) JY ’N SUPERLUUKSE KOOKKLAS BYWOON? 

WAAR: Shamwari-wildreservaat in die Oos-Kaap en Sanbona-wildreservaat naby Kaapstad.

WAT: Die wildreservate Shamwari en Sanbona bied in samewerking met die GOLD-restaurant en onder bestuur van die Stir Crazy-kookskool twee kookskoolervarings genaamd Cooking Wild aan. Gaste kan wildritte geniet en in ’n luukse lodge hul kulinêre vaardighede slyp. Op die laaste aand is daar ’n bosete. Hulle sal onder meer leer van die speserye van Zanzibar, asook om Marokkaanse tagines, Kaaps-Maleise kerries en wildsvleis te berei.

WANNEER: Een keer per maand in elke wildreservaat, heeljaar (minimum twee gaste). Bykomende datums is beskikbaar vir groepe van ses of meer, onderhewig aan beskikbaarheid.

KOSTE: Die vyf-dae/vier-nagte-pakket-kursus kos R24 000 per persoon (die enkelbyvoeging is 50%) en sluit verblyf, maaltye en wildritte is, asook die bestanddele vir die kookkursus. Huiswyne sal saam met alle maaltye bedien word en addisionele wyne en spiritualieë is te koop. ’n Verdere drie-dae/vier-nagte-byvoegingsopsie by die pakket kos R8 000 per persoon. Pryse geld van November 2014 tot die einde van Desember 2015.

KONTAK: Vir meer inligting besoek cookingwildsafaris.com of www.facebook.com/cookingwildsafaris.

 

 

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief
 
Die 5 beste kruie om binnenshuis te kweek

’n Binnenshuise kruietuin kan jou kos én jou kombuis nuwe lewe gee

Close