×
Skakel na Engels

Leserskring stel nuwe e-boekklub vir liefdesverhale bekend

’n Nuwe e-boekklub vir romantiese siele is pas bekend gestel. Hartstog sal byval vind by leesliefhebbers wat net nie genoeg passievolle leesstof kry nie

 

 

Met ’n maandelikse intekening, kry Lede elke maand een gratis liefdesverhaal as e-boek wat hulle kan aflaai en verslind waar en wanneer hulle ook al wil.

 

Daar is ’n verskeidenheid Afrikaanse titels in die kategorieë Romanties en Passie asook Engelse e-boeke in Love Story en Sinful. Sê Lana Barnett, hoofbestuurder: “E-boeke se gewildheid is besig om toe te neem en aangesien daar baie mense is wat ’n hele paar liefdesverhale per maand lees, is ’n e-boek ’n baie gerieflike opsie. Met hierdie klub kan Lede elke maand skrywers soos Ena Murray, Schalkie van Wyk, Malene Breytenbach, Ettie Bierman en vele meer se karakters ontmoet en hulself inleef in die wel en weë van verliefdes, getroudes en skelmpies . . .”

 

Elke  gratis aflaaibare e-boek is vir 30 dae na betaling van die maandelikse fooi beskikbaar. Lede kan een e-boek per maand uit ’n voorafbepaalde lys kies, maar is natuurlik welkom om meer e-boeke af te laai indien een nie genoeg is nie. Die maandelikse intekening is R55 maar Lede kwalifiseer vir afslag op addisionele e-boekbestellings – tot en met 30%. Daar is tans honderde Afrikaanse e-boeke op die webtuiste beskikbaar – en natuurlik nog meer Engelse titels.

 

Besoek www.hartstog.com vandag om aan te sluit. Met ’n maandelikse e-boek wat net wag om afgelaai te word, het niemand meer ’n verskoning om alleen te gaan slaap nie . . .

 

E-boeke is in verskeie formate vir rekenaar, Android, Apple en e-lesers beskikbaar.  Hartstog is deel van Media24, ’n kenner op die gebied van intekenprogramme in Suid-Afrika en word deur Leserskring, die grootste Afrikaanse boekklub in Afrika, bedryf.

 

Raak deel van die Hartstog-gemeenskap op Facebook, Twitter, Pinterest en YouTube!

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief
 
Exclusive Books se 5 móét-lees-boeke vir Oktober 2014

As jy probeer besluit watter boeke om dié maand vir jou boekklub te kry, kyk gerus na Exclusive Books se...

Close