×
Skakel na Engels

Lesers is omtrent bederf by ons Kuier-om-die-Kerstafel- werksessie

Goeie Huishouding het onlangs ’n Kuier-om-die-Kerstafel-werksessie by Reuben’s in Franschhoek aangebied. Baie dankie aan Pick n Pay sonder wie hierdie dag nie moontlik sou wees nie

Goeie Huishouding/Good Housekeeping het op Donderdag 6 Desember 2012 ’n Kuier-om-die-Kerstafel-werksessie by Reuben’s in Franschhoek aangebied. Die geleentheid is deur Pick n Pay – in samewerking met Reuben Riffel – geborg.

 

Lesers, kliënte en vriende van die tydskrif het dié feestelike dag saam met ons kom deel. Goeie Huishouding se leefstylredakteur, Vicki Sleet, het gewys hoe jy jou huis en tafel dié feestyd kan versier. Tydens sy kookdemonstrasie het sjef Reuben gewys hoe jy sy gunsteling-Kersfeesgeregte self by die huis kan maak, en hy het selfs ’n paar van sy spesiale kookkunsies met ons gaste gedeel.

 

Hierna het ons gaste ’n fantastiese driegang-proe-middagete geniet. Sjef Reuben het die spyskaart spesiaal vir dié geleentheid saamgestel en Pick n Pay het die smullekker nageregte verskaf. Wildekrans het al die wyn vir die dag geborg. Met hul aankoms, kon gaste ’n glasie van Wildekrans se MCC 2012 sjampanje geniet, en elke gereg is saam met ’n Wildekrans wyn bedien.

 

Daar was ook heelwat ander bederfies vir ons gaste – jy kon jou naels by die Sally Hansen-stalletjie laat verf, jou grimering by PMU se stalletjie laat doen en ’n heerlike nek- en rugmassering by Aromatic Apothecary se stalletjie geniet.

 

Pick n Pay het hul nuwe voedselreeks, Finest, by dié geleentheid bemark. Dis ’n reeks unieke, vernuwende en eksklusiewe produkte wat smulpape van oral sal inspireer, verbaas en verbly. Vir meer inligting oor Pick n Pay se Finest-reeks, besoek gerus hul webblad www.picknpay.co.za.

 

Elke gas het ook ’n geskenkpak propvol fantastiese geskenke gekry.

 

Kliek hier vir foto’s van dié geleentheid. 

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief
 
Advertensie-promosie: Nederburg in rooi getooi

Nederburg se unieke nuwe restaurant, Red Table, is die ideale plek om luilekker somersdae saam met jou gesin te spandeer

Close