×
Skakel na Engels

Lekkerste gesonde malvalekkerversiersel nóg

En jy het net 2 bestanddele nodig!

 

Malvalekkerdons is verrassend veelsydig vir van versiersel tot ’n vulsel vir koekies en rolkoeke. Of jy ’n veganis is of nie, hierdie gesonder eier- en suiwelvrye weergawe is absoluut heerlik! En jy het net twee bestanddele nodig!

Veganistiese malvalekkerdons

MAAK SOWAT 3 KOPPIES

  • 1 (400 g) blik kekerertjies, met of sonder sout
  • ⅓ k heuning of agawestroop OF ½ k fyn suiker of xilitol
  • ’n knippie kremetart, vir stabilisering, opsioneel

AANWYSINGS

  1. Maak die blik kekerertjies oop en dreineer net die water in ’n staanmenger of ’n groot mengbak. (Hou die kekerertjies vir ’n ander resep, soos ons eiervrug-hoemoes.) Jy behoort sowat ’n ½ k kekerertjievloeistof te hê.
  2. Voeg die ander bestanddele by en klits met ’n elektriese menger of in ’n staanmenger vir 12 tot 16 minute. Moenie bekommerd wees as dit eers dun lyk nie; dit sal ná sowat 10 tot 11 minute begin dik raak.
  3. Bedek en verkoel enige oorskiet in die yskas. Die mengsel skei oornag, maar jy kan dit net weer klits.

AANTEKENINGE

Veganiste moet die heuningvrye weergawe volg.
Die suikerweergawe kan soos meringues gebak word.
Voeg gerus ’n bietjie vanielje of amandelekstrak by vir ekstra geur.

Ons het hierdie resep op die bakker en kosfotograaf Katie se blog genaamd Chocolate-Covered Katie gekry. Dankie, Katie!

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief
 
Bak en wen!

Met elke denkbare bykomstigheid vir die moderne bakker, waaronder bakpapier met gedrukte patrone, was dit nog nooit so maklik –...

Close