×
Skakel na Engels

Laktose-intolerant? Parmalat EasyGest is jou nuwe beste vriend

Parmalat se laktosevrye EasyGest-melk is die ideale oplossing vir mense wat sukkel om laktose te verteer – drink en geniet!
Parmalat

Dis geskik vir almal

Parmalat EasyGest is die antwoord op elkeen wat laktose-intolerant is se gebede, want nou kan hulle ook die heerlike smaak van melk sonder enige newe-effekte geniet. Die topverkoper- laktosevrye melk in die land, Parmalat EasyGest, is spesifiek ontwerp vir mense wat laktose-intolerant is. Dit is dus geen verrassing dat dié produk opspraak in die suiwelwêreld maak nie, en ook die lewe in soveel huishouding makliker maak.

Dis laktosevry

Die natuur speel ’n belangrike rol in die vervaardiging van Parmalat se laktosevrye EasyGest-melk, van die koeie in die veld tot die produksielyn. Wanneer hulle die melk klaar vervaardig het, begin Parmalat met die proses om dit in laktosevrye melk te omskep wat deur almal geniet kan word. Dit word gedoen deur die melk met laktase te behandel, ’n ensiem wat laktose afbreek en dit dus makliker verteerbaar maak vir mense wat laktose-intolerant is. 

Dit smaak heerlik

Parmalat EasyGest is ’n produk wat mense wat laktose-intolerant is die vryheid gee om die lekker smaak van koeimelk te geniet met die wete dat hulle nie enige simptome sal ervaar wat met laktose-intoleransie verband hou nie. Dis in volroom- en laevet-opsies beskikbaar en kan deur die hele gesin geniet word!

Probeer Parmalat EasyGest en geniet weer die lekkerte van melk in jou lewe. Vir nog inligting besoek www.functionalmilk.co.za.

FOTO: iStock/ssj414

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief
 
5 mites oor laktose-intoleransie

Wenk: Jy hoef nie suiwel heeltemal uit te sny nie

Close