×
Skakel na Engels

Laat jou lipstiffie langer hou

Verdof jou lipstiffie ná ’n paar uur? Volg ons wenke om te verseker dat jou lippe heeldag smeulend lyk

 

Stap 1

Borsel ’n tikkie onderlaag oor jou lippe. Dit sal jou lipkleur laat vaskleef.

Stap 2

Kleur jou lippe in met ’n lippotlood wat dieselfde kleur of ’n skakering ligter as jou lipstiffe is. Omdat dit droog is, is ’n lippotlood minder geneig om te smeer, wat dit die perfekte basislaag maak.

Step 3

Verf laastens ’n dun lagie lipstiffie met ’n lipborsel aan. Verf dit in lagies aan, want dun lagies word gouer droog en hou langer. ’n Borsel bied ’n netjieser afwerking.

Lees ook:

Laat jou lipstiffie jou ouer lyk?

Nuutste mode: sitruslippe

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief
 
Moet probeer: Sisley Black Rose-gesigmasker

Beveg die tekens van veroudering met dié moet-hê skoonheidskopie

Close