×
Skakel na Engels

Laat hierdie 7 goed gaan as jy wil hê jou huwelik moet werk

Skud dit af of los dit, dis so eenvoudig. Deur Kaitlin Menza
marriage

Daar is ’n program in die VSA met die naam Married at First Sight, en die deelnemers het baie werk om te doen om hul verhoudings te laat slaag. Soos om mekaar se vanne te leer en om vas te stel of hulle werklik tot mekaar aangetrokke is of nie. Soos uit die titel blyk, stem die deelnemers in om te trou met wie ook al ’n span verhoudingskenners vir hulle uitkies, en aan die einde van ses weke van saamwoon, moet hulle besluit of hulle bymekaar gaan bly of nie.

Een van hierdie verhoudingskenners, Rachel DeAlto, gee nie net getroude pare in sulke uiterste omstandighede raad nie. In haar beroep het sy al paartjies ontmoet, afgerig en selfs gehipnotiseer om hulle te help om deur hul kwessies te werk. Met so baie hardhandige gesprekke agter die rug deel sy ’n paar universele waarhede oor wat uit jou huwelik gelaat moet word as dit ooit gaan werk.

1. Sindelikheid

“Die grootste ding wat ek [in sessies] hoor, is netheid, nie dieselfde styl hê van agter jouself optel of die huis skoonmaak nie,” sê DeAlto. Ja, daar is paartjies daar buite wat terapiesessies daaraan toewy om te stry oor wie die vullis uitneem! Dit klink laf, maar natuurlik is dit frustrerend om daardie rusie gereeld te hê. “Die raad wat uitstaan, is die grootste cliché: Moenie dat die klein goedjies jou onderkry nie. Dit geld ook wanneer dit by ’n huwelik kom,” sê sy.

2. Om oor die weg te kom met elke lid van mekaar se familie

Ja, dit kan pynlik wees om te weet dat twee van jou gunstelingmense op die aarde, vir wie jy liewer as enige iets is, sou verkies om nie tyd saam deur te bring nie. “Dis voel dalk vir jou na iets groots, maar dit het op lang termyn nie ’n invloed op die verhouding nie,” sê DeAlto. “Dis oukei as hulle nie oor die weg kom nie.” Jy hoef nie jou man en jou suster te dwing om beste vriende te wees nie – jy moet net jou verhouding met elkeen van hulle in stand hou en hulle toelaat om hulself te wees.

3. Die pyn van ’n vorige verhouding

Die spoke van vorige verhoudings het ’n manier om in ’n huwelik op te duik. “Jy moet die verlede laat gaan, punt,” sê sy. “Raak ontslae van verwagting dat jou maat soortgelyk aan ’n eks kan wees.” Dis makliker gesê as gedaan om van nare tye aan te beweeg, en dit is hoekom DeAlto so ’n aanhanger van hipnose is. “Dis ’n fantastiese manier om vorige verhoudings agter te laat, en gebruik baie visualiserings van maniere waarop jy vorentoe kan beweeg.”

4. Vrees oor wat kan skeefloop

Om te trou beteken om jou geloof, geldsake en toekoms in ’n ander mens te plaas, wat ’n skrikwekkend konsep is. ’n Fokus op vorige verhoudings kan ook beteken jy is vreesbevange dat jou eggenoot eienskappe van die gedrag van jou ekse ten toon gaan stel. “Ek sien baie hoe dit in die pad kan kom, soos as jy voorheen verneuk is en jy nou bang is jou man gaan dit ook doen,” sê DeAlto. Praat met jou maat oor daardie vrese sodat julle albei kan raaksien wanneer jou angstighede jou visie vertroebel.

5. Selfsug van ’n enkellopende

Dis nie ’n slegte ding om op jouself gefokus te wees wanneer jy enkellopend is nie. Wie anders is daar om in ag te neem? “Raak ontslae van jou selfsug – ek sê dit op ’n liefdevolle manier!” lag DeAlto. “Wanneer jy getroud is, moet jy iemand anders se gevoelens langs joune plaas. Ek sê nie bo joune nie, maar langs joune. In ’n huwelik moet jy meer empaties en deernisvol wees as ooit tevore.”

6. Die vroeër weergawe van julself

Toe julle aanvanklik saam was, was jy en jou man waarskynlik baie liefderik, passievol, koketterig, en dit kan natuurlik verander namate die jare verbygaan. DeAlto is ’n aanhanger van The Five Love Languages, die gewilde boek wat die verskillende kategoriese maniere uiteensit waarop mense hul liefde vir mekaar ervaar en uitdruk. “Dit is ’n baie vereenvoudigde begrip van hoe om iemand geliefd te laat voel. Die probleem is dat ons sekere goed as ’n verskoning gebruik, soos: ‘Hy verstaan my nie,’ ” verduidelik sy. “Dit is ’n hulpmiddel om iemand ander te laat weet: ‘Dit is wat ek nodig het.’ ” As jy een van daardie vroeë-wittebrood-soort-afsprake wil hê, sê dit.

7. Jou idee van ’n volmaakte huwelik

Jy ken dalk ’n paartjie met wat na jou ideale huwelik lyk, maar jy sien nie die hele tyd elke deel daarvan nie. “Verstaan dat daar ’n evolusie van die self is wat vir altyd sal voortgaan,” sê DeAlto. “Verandering is nie ’n slegte ding nie, solank julle saam verander. Laat gaan die gedagte dat dinge stagnant sal wees. Wie wil stagnant wees?” Niemand nie.

Van: Redbook

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief
 
9 grimeerwenke vir troues waarvan alle bruide moet weet

Wat jy van velsorg en grimering in die dae voor jou groot dag moet weet

Close