×
Skakel na Engels

Kyk net hierdie REUSE-olifantkoek by die 2017 Good Food & Wine Show!

7 dinge van dié koek wat jy nie geweet het nie …
2017 Good Food & Wine Show

Besoekers aan vanjaar se Good Food & Wine Show in Kaapstad gaan ’n gróót verrassing kry! Die ekspo werk elke jaar saam met die Internasionale Fonds vir Dierewelsyn (IFAW) om ’n lewensgrootte-koek in die vorm van ’n dier te skep, en vanjaar is dit ’n olifantkoei en haar oulike kalfie.

Dít is wat die skepper van hierdie besonderse koek, Dorothy Klerck van Eat Cake Party in Wellington, alles moes inspan om hierdie eetbare kunswerk te maak:

1. Dit het altesame 250 uur geneem om te maak – dis net meer as 10 dae se werk!

2. ’n Volle 90 kg suiker is gebruik om die sponskoek, versiersel en ander versierings te maak.

3. Daar is 35 kg botterroomversiersel in hierdie smullekker koek gebruik.

4. ’n Hele 42 kg sjokolade is gesmelt en gemeng om die koek te maak en te versier.

5. ’n Allemintige 1 200 eiers is gebreek, geskei en gemeng om dié koek te maak.

6. Die koek weeg (letterlik!) ’n ton.

7. En laastens is ’n totaal van R300 000 aan bestanddele, toerusting, elektrisiteit en arbeid bestee.

Al die tyd, moeite en geesdrif wat aan hierdie reuse-olifantkoek bestee is, is darem vir ’n goeie doel: om mense van die Elephant Project bewus te maak en alles wat hulle doen om die grootste landdier op aarde te bewaar.

Die Good Food & Wine Show word tot Sondag in die Kiks in Kaapstad aangebied.

FOTO: Ashanté Dlamini-Mthembu

LEES OOK:

Kyk en leer: Kry die resep vir hierdie verruklike eenhoring-kolwyntjiekoek 

Klapperlaagkoek met roomkaasversiersel 

11 briljante bakwenke 

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief
 
Kyk en leer: Kry die resep vir hierdie verruklike eenhoring-kolwyntjiekoek

Jou kinders sal hierdie kolwyntjiekoek soos soetkoek opeet!

Close