×
Skakel na Engels

Kyk jou gunstelingfliek onder die sterre

Die Galileo-opelugfliek is terug met ’n trefferlys van meer as 100 flieks, meer venues en selfs meer betowerende ervarings

Die Galileo-opelugfliek vier vanjaar sy vierde jaar as Kaapstad se vernaamste opelugfliek. Hierdie seisoen het hulle ’n nuwe Vrydagvertoning by uitgesoekte venues bekendgestel, waaronder The Palms in Woodstock, Central Park in Century City, Fedisa Rooftop aan die voet van Tafelberg, die Meerendal-wynlandgoed in Durbanville en die rugbyveld by die Universiteit van Kaapstad. Jy kan ook uitsien na nuwe kos- en drankverkopers, en die BBP-afdeling wat fliekliefhebbers toelaat om ’n meer eksklusiewe ervaring te geniet, soos die gereserveerde premiumsitplekke, ’n kombers en rugleuning, springmielies, lekkers, ’n bottel Savanna en ’n boks Chocolat Frey. Die gewilde Wynlande-geleenthede op Saterdae het van een tot twee vertonings per maand toegeneem, wat Kapenaars die geleentheid gee om van die streek se mees geliefde wynplase te besoek.

Die Galileo-opelugfliek word reeds van 31 Oktober 2015 bedryf tot einde April 2016. Bespreek jou kaartjie by www.thegalileo.co.za. Onthou om teen 18:00 daar te wees om jou plek te reserveer.

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief
 
Kyk dit: Hollywood se beste danstonele op die maat van “Uptown Funk”

Hou jy van dans? Dié video sal jou voete laat jeuk!

Close