×
Skakel na Engels

Kyk hoe lyk Meghan Markle se ring wat jy ook kan bekostig – dis so mooi!

Maar sal jy moet gou spring as jy dit in die hande wil kry …
harry en maghan

Eers het sy ’n trui van R740 van Marks & Spencer aangehad, en nou het ons ontdek dat Meghan Markle ook van bekostigbare juweliersware hou …

meghan markle ring

Foto: Getty Images/Gallo Images

Toe sy die skares in Skotland langs haar aanstaande man, prins Harry, bekoor het, het Meghan nie net haar pragtige verloofring gedra nie. Sy het ook ’n goue ring van die Britse handelsmerk Missoma aan haar regterhand gedra – en dit kos net R740.

Die handelsmerk se Interstellar-ring is van 18 karaat vergulde goud gemaak en het ’n ronde, omhulde steen.

Missoma

KOOP DIT NOU: Interstellar-ring, Missoma (R740)

 

Jy sal natuurlik gou moet spring as jy Meghan se styl wil steel, want die ring is reeds in verskeie groottes op die handelsmerk se webwerf uitverkoop. En die goeie nuus is dat hulle oor die wêreld heen aflewer!

Missoma het ook aan Prima.co.uk onthul dat die aktrise al ’n tyd lank ’n aanhanger van hul ware is.

Sy het voorheen hul verpersoonlikte vergulde graveerbare staafhalssnoer met diamantdetail (R1 900) gedra.

Jy kan soortgelyke ringe by die plaaslike juweliers Dear Rea en Black Betty Designs kry:

 

Dear Rea Ring

KOOP DIT NOU: Diamantkeëlring in roosgoud, Dear Rea (R3 300)

 

Black Betty Ring

KOOP DIT NOU: The Dark Meets Light-ring, Black Betty Designs (R3 450)

 

Hooffoto + foto van Meghan se ringe: Getty Images/Gallo Images

Van: Good Housekeeping UK

Lees ook:

’n Liggaamstaalkenner verklap 7 interessante ding van Meghan en Harry se verhouding

7 redes waarom ons nie in die koninklike familie sal wil introu nie

Hier is ’n paar van die vrae wat Meghan Markle in haar burgerskaptoets sal moet beantwoord

 

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief
 
’n Liggaamstaalkenner verklap 7 interessante dinge van Meghan en Harry se verhouding

’n Kenner onthul aspekte wat die res van ons nie noodwendig sal opmerk nie ... Deur Elizabeth Narins

Close