×
Skakel na Engels

Kyk hierna: Keer dat jou verbloemer aanpak

Baie van ons is maar te gewoond aan verbloemer onder die oë wat klonterig raak en al rondom middagete in die fyn plootjies aanpak. Die Youtube-grimeerkenner Nikkie wys ons hoe om dit te keer

Onthou julle nog hierdie video waar Nikkie demonstreer watter groot impak grimering maak?

Sy het natuurlik ’n slag met grimering en tog erken sy dat sy ook soms sukkel met verbloemer wat onder die oë aanpak. Dit is wanneer verbloemer in die fyn plooitjies onder jou oë aanpak en, wel, minder afgerond en glad begin lyk.

As jy dink dat jy die maksimum hoeveelheid grimering onder jou oë moet aanwend of die duurste produk op die mark moet gebruik om te keer dat jou verbloemer aangepak lyk, is jy heeltemal verkeerd. Jy kan die beste verbloemer op die mark koop, maar teen middagete sal dit steeds klonterig raak en in die fyn plooitjies aanpak. Hou aan kyk as jy graag wil weet hoe jy dit kan keer.

Ons gaan beslis haar raad uittoets!

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief
 
9 leuens oor huisskoonmaak wat jy vir jouself vertel

Dis tyd om te bieg en om dinge op die regte manier te doen. Deur Lauren Piro

Close