×
Skakel na Engels

Kyk hier wat die lirieke van “Despacito” REGTIG beteken. Waarskuwing: Eksplisiete inhoud!

Dit het niks met burrito’s te doen nie
Despacito

As jy nog nie Daddy Yankee en Luis Fonsi se trefferliedjie “Despacito” gehoor het nie, lewe jy duidelik in volslae afsondering sonder ’n werkende radio! Dié aansteeklike liedjie het deel van ons daaglikse oggend- en aandrit geword sedert Justin Bieber op 17 April 2017 ’n hervermengde weergawe daarvan uitgereik het.

“Despacito” is al 432 357 003* keer (en dit word elke dag meer) op YouTube geluister en het die nuwe wêreldrekord behaal as die musiekvideo wat die meeste tot nog toe aanlyn gekyk is met 4,6 miljard stromings in ses maande. Maar ondanks dié sukses is die meeste mense nie 100% seker wat die lirieke is nie, wat nog te sê wat dit beteken. 

Ons gaan jou met hierdie vertaling help. Maar wees gewaarsku, die inhoud is nogal eksplisiet!

Sedert die vertaling van die lirieke uitgereik is, het die Maleisiese regering, wat die liedjie as te “wellustig” en “obseen” verklaar het, privaat radiostasies gevra om die lirieke te sensor en staatsradiostasies en -televisiekanale verbied om die liedjie te speel.

As jy nog nie die video gesien het nie, kan jy op YouTube gaan kyk:

Kyk ook wat die liedjieskrywer, Luis Fonsi, oor sy enkelsnittreffer te sê het: Luis Fonsi explains DESPACITO in his own words.

* Korrek ten tye van die plasing.

LEES OOK: 

Is ’n loopbaan in musiek ’n goeie opsie vir jou kind?

Die 10 musiekvideo’s wat in 2016 die meeste gekyk is

Mamma Mia 2 is op pad!

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief