×
Skakel na Engels

Kyk hier: Suzelle DIY maak ’n paletswaai

Sondag 9 Oktober 2016 is Tuindag in Suid-Afrika en Suzelle DIY berei haar voor vir die geleentheid deur ons te wys hoe om baie maklik ’n paletswaai te maak.

 

Het jy geweet 9 Oktober 2016 is Tuindag? Nee, ons ook nie. Moenie bekommerd wees nie, Suzelle DIY se vriendin Mariaan het ook nie geweet nie. Suzelle DIY verduidelik dat dit ’n dag is om ons tuine te vier en meer tyd aan ontspanning in jou tuin toe te wy.

Vanjaar vind Tuindag vir die eerste keer op Sondag 9 Oktober 2016 plaas. Die meeste van die tyd trek ons onkruid uit, gee die tuin ’n deklaag of plant iets, maar 9 Oktober is ’n dag om die graaf eenkant te sit en rêrig jou tuin te geniet. Hoe kan jy regtig betrokke raak en dit vier? Besoek www.gardenday.co.za of jou naaste tuinsentrum vir inspirasie en nog inligting.

Wou jy nog altyd jou tuinruimte ’n bietjie aanlokliker maak, maar weet nie waar om te begin nie? Suzelle DIY se maklike paletswaai is beslis ’n fantastiese idee! Kry ’n palet, sterk tou en ’n paar basiese stukke gereedskap, kies die stewigste boomtak in jou tuin, kyk haar video hier onder en jy is op die regte pad om ’n ontspannende ruimte in jou tuin te skep.

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief
 
Jou winter-tuinmaaklysie

Hou jou tuin gelukkig en gesond gedurende die koue seisoen

Close