×
Skakel na Engels

Kweek jou eie kruie: Kruisement

Vars kruie smaak nie net beter as dié wat jy in die winkels koop nie, dis boonop ook dikwels goedkoper om dit self te kweek

 

Jy het nie baie plek nodig om ’n kruietuin tuis te begin nie. Jou kombuisvensterbank is eintlik die ideale plek! 

Vandag fokus ons op kruisement. Kliek hier vir ons artikels oor hoe om basilie en origanum te kweek.

Kruisement

 

Dis ’n verkoelende, verfrissende krui wat sommer jou siel verkwik. Van tuinment tot peperment, en sjokolade-, appel- en pynappelment – daar’s ’n variasie wat in al jou kulinêre behoeftes sal voldoen.

 

Hoe om dit in potte te laat groei:

 

  • Kruisement aard in ligte skaduwee, maar dit hou van ’n paar uur sonskyn per dag.
  • Plant saailinge of rankers in potplantgrond tesame met ’n lagie kompos.
  • Kruisement sprei vinnig, maak dus seker dat die plante sowat 20 cm uit mekaar gespasieer is.
  • Breek enige blomknoppe af.
  • Kruisement hou van vogtigheid, hou dus die grond klam, maar nie nat nie.
Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief
 
Kweek jou eie kruie: Basilie

Vars kruie smaak nie net beter as dié wat jy in die winkels koop nie, dis boonop ook dikwels goedkoper...

Close