×
Skakel na Engels

Kry só lang, sterk naels

Breek of splinter jou naels gereeld? Volg dié wenke om sterk, gesonde naels te kry

 

 

Breek of splinter jou naels gereeld of sukkel jy om dit te laat groei? Probeer gerus ons wenke om die groei en gesondheid van jou naels te verbeter:

 

1. Hou jou hande uit die water uit – gebruik rubberhandskoene wanneer jy skottelgoed was. Water droog naels uit en maak dit meer vatbaar om te breek en splinter.

2. Neem ekstra biotien in, dis ’n tipe vitamien B wat gesonde naelgroei bevorder. Neem daagliks ’n aanvulling van 5 mg en jy behoort binne ’n paar maande ’n verbetering te sien: jou naels sal vinniger en sterker groei.

3. Indien jy nie ’n verbetering sien nie, moet jy jou dokter gaan sien om mediese toestande soos bloedarmoede of ’n onderaktiewe skildklier uit te skakel, albei toestande wat naelgroei inperk.

 

Ons beveel aan:

OPI Original Nail Envy Natural Nail Strengthener (R379) of Sally Hansen Miracle Cure For Severe Problem Nails (R99,95)

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief
 
Clinique vat velsorg na die volgende vlak

Wil jy weet watter reiniger, vogroom of onderlaag perfek is vir jóú spesifieke veltipe? Danksy Clinique en Apple is daar...

Close