×
Skakel na Engels

Kry jou arms reg vir die somer

Warmer weer beteken moulose tops, en tensy jy arms soos Michelle Obama het, maak die blote gedagte daaraan jou waarskynlik gespanne. Drie kenners gee raad oor hoe om jou arms somermooi en ferm te kry

 

 

1. Die grimeerkunstenaar sê:

 

“Sterre op die rooi tapyt smeer dikwels ’n ligte olie aan hul skouers en boarms. Dit laat jou vel gloei en jou spiere meer gedefinieerd lyk.” Probeer Kiehl’s Superbly Restorative Argan Dry Oil.

– Carol Shaw, ’n grimeerkunstenaar vir Naomi Watts

 

2. Die fiksheidsfundi sê:

“Jou boarmspiere (biseps) en skouers kry oefening wanneer jy goed optel, maar daar’s min daaglikse aktiwiteite wat ons driekopspiere (triseps) oefen. Doen weekliks oefeninge soos triseps-afsakke vir fermer boarms.”

Sit op die rand van ’n stewige stoel en plaas jou hande, vingers vorentoe, aan weerskante van jou bobene. Hou jou arms reguit en lig jou sitvlak sodat dit in die lug hang. Buig jou arms en laat sak jou sitvlak ’n paar sentimeter. Lig dit weer op en maak jou arms reguit. Doen soveel as wat jy kan (ideaal drie stelle van 25 herhalings drie keer per week).

– Kristi Molinaro, ’n fiksheidsinstrukteur

 

3. Die dermatoloog sê:

“Laat jou arms tydelik fermer lyk met ’n sellulietroom wat kafeïen bevat.” Probeer Nip + Fab Upper Arm Fix. As jou vel baie droog is, “vermy skropmiddels en gebruik ’n seepvrye lyfwas saam met warm water – nie vuurwarm nie. Smeer lyfroom aan terwyl jou vel nog klam is.” Ons hou van Vaseline Total Moisture 24hr Nourishing Cream.

– Dr. Meghan O’Brien, raadgewende dermatoloog vir Physicians Formula

 

LEES OOK

Wuif pap boarms tot siens

Raak ontslae van pap boarms

 

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief
 
Die dokter sê: Slaap laat!

As jy in die week min slaap, is ’n middagslapie of laatslaap oor naweke nie ’n luukse nie, maar noodsaaklik

Close