×
Skakel na Engels

Kry ekspertvelsorg met Obagi

Obagi-velsorgprodukte is geformuleer om met puisies klaar te speel en die tekens van voortydige velveroudering teen te werk

Obagi-velsorgprodukte is deur die wêreldberoemde dermatoloog dr. Zein Obagi ontwikkel en is spesiaal geformuleer om jou vel op sy mooiste en gesondste te laat lyk. Daar is ’n Obagi-oplossing vir elke velsorgbehoefte.

Die Obagi-velsorghandelsmerk bestaan uit vier reekse:

  1. Obagi Nu-Derm Fx System

Dié formule dring die veloppervlak binne om skade van binne te help herstel en jou vel jonger en gesonder te laat lyk. Nu_derm Fx System-produkte is ideaal as jy enige van die volgende velprobleme het: ’n gelerige gelaatskleur, ouderdomsvlekke, ’n growwe vel met eriteem (rooiheid) of hiperpigmentasie (verkleuring).

Die Nu-Derm Fx System-reeks is beskikbaar in formules vir ’n normale tot droë vel en vir ’n normale tot olierige vel. Dit bevat 7% bestanddele met ’n arbutienbasis wat help om jou gelaatskleur te verhelder.

  1. Obagi CLENZIderm

CLENZIderm is ’n stelsel met drie stappe wat vlekkies help beheer. Die reeks bestaan uit die Daily Care-skuimreiniger, wat 2% salisielsuur bevat en vuiligheid en oormatige olie verwyder; Pore Therapy, wat ook 2% salisielsuur bevat en porieë oopmaak en dooie velselletjies wegwas; en Therapeutic Lotion, ’n liggewigvloeiroom met 5% bensoïelperoksied wat geformuleer is om aknee te help opklaar. Die Therapeutic Lotion gebruik SoluZyl-tegnologie, wat die bensoïelperoksied toelaat om die vel binne te dring en van die kieme ontslae te raak wat puisies veroorsaak. CLENZIderm werk net soos ’n velbehandeling met ’n antibiotikabasis en is beskikbaar in formules vir ’n normaal tot droë vel, asook vir ’n normale tot olierige vel.

  1. Obagi Professional-C-serums

Professional-C-serums bevat die kragtige antioksidant vitamien C en help om die vel teen skadelike omgewingstressors te beskerm. Dit kom in drie verskillende vitamien C-konsentrasies: 10%, 15% en 20%. Die vitamien C versterk UV-beskerming terwyl dit die veltoon verhelder en die vel help om vog te behou.

  1. Obagi ELASTIderm

Dié reeks bestaan uit ELASTIderm-oogroom en ELASTIderm-oogserum. Hierdie behandelings help om die voorkoms van fyn lyntjies en plooie rondom die oë minder sigbaar te maak. Dit help verbeter ook elastisiteit en maak die vel fermer en verminder pofferigheid onder die oë.

Om te verseker dat jy egte Obagi-velsorgprodukte koop, doen navraag by jou dermatoloog of ander velsorgkenners. Bel iNova Pharmaceuticals (Edms.) Bpk. by 011 087 0000 vir nog inligting.

Hierdie webpromosie is deur iNova Pharmaceuticals geborg.

 

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief
 
3 oplossings vir ’n gesonder vel

Gee jou vel ’n oombliklike voginspuiting met Nimue se Hydration Booster Pack

Close