×
Skakel na Engels

Kry die mooiste gras in die straat

Elke tuinier droom van ’n welige grasmat. Hier is vyf dinge wat jy van aanrolgras moet weet

 

 

1. KOPHOU MET KITS

Behalwe as
jy so gelukkig is om ’n fluweelagtige grasperk te hê, is jou opsies: die saai van saad (nét vir ervare tuiniers); grassaailinge wat jy in bakkies by die kwekery koop; of spesiaal bewerkte sooie.

’n Kitsgrasperk bied jou die hoogste kans op sukses en ’n lang gebruiksduur – en kitsbevrediging vir jóú.

 

2. SELFDOEN OF NIE?

Dis nie eenvoudig om kitsgras te lê nie. Daarom is dit die beste om dit aan kundiges oor te laat.

GH-WENK Die meeste landskapondernemings beveel die installering van ’n besproeiingstelsel aan. Dis ’n belegging wat die moeite werd is om die voorkoms en lang gebruiksduur van jou grasperk te verseker.

 

3. WATTER SOORT GRAS?

Berea

Dié inheemse gas is aangenaam om op te loop en het ’n sagte tot medium tekstuur en ’n lieflike liggroen kleur.

Buffelsgras

Met sy waterwys aard, skaduverdraagsaamheid, diep kleur en inheemse status is buffelsgras boaan die gewildheidsleer.

Gulf Green

Dié inheemse grassoort het ’n reputasie vir die sagste tekstuur en ’n skitterende smaraggroen skakering.

Kikoejoe

Dis ’n taai, gewilde, bekostigbare keuse met ’n sagte tot medium tekstuur en ’n pragtige kleur.

 

4. LAAT DIT SOOS ’N GRASBRAND VERSPREI

Die vestiging van ’n grasperk is ’n langtermyn-verbintenis wat gereelde natlei, onkruidverwydering, hark- en snywerk en bemesting vereis.

 

5. GEREEDSKAP

Die prys van ’n nuwe grasperk sluit meer as net die gras en die installering daarvan in. As dit jou eerste grasperk is, sal jy ook ’n paar basiese noodsaaklikhede benodig:

–       ’n Grassnyer

–       ’n Hark met veerkragtige tande

–       ’n Skaapskêr

–       ’n Onkruidverwyderaar

–       Toerusting om bemesting in te werk

–       ’n Besproeiingstelsel wat met die hand of outomaties werk

 

 

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief
 
Vergroot jou groente-oes

Die tuinkenner Matt Allison deel sy drie topwenke sodat jou tuingroente kan gedy

Close