×
Skakel na Engels

Kry dié Kersfees meer vir minder

Kyk hier waar jy inkopies kan doen vir ’n vrolike, bekostigbare Kersfees – daar’s van bekostigbare nuwe reekse tot groot besparings op kos, geskenke en meer

 

 

In dié feestyd kan jy verwag om meer waarde vir jou geld te kry wanneer jy kos, vakansiebederfprodukte, kombuisware, buitelugartikels, speelgoed, geskenke en meer by enige Checkers-winkel koop. En die groot reeks Kersbome en -versierings sal die hele gesin genot verskaf.

 

Speelgoed in oorvloed

Om Kersvader te help om vanjaar meer geskenke onder die boom te sit het Checkers ’n speelgoedpryswaarborg. Tot 24 Desember sal Checkers speelgoedpryse vergelyk en dan 10% afslag op mededingers se geadverteerde pryse bied. (Bepalings en voorwaardes geld.)

 

Geskenke vir fynproewers

Checkers het net betyds vir Kersfees die Nataniël-versameling bekendgestel. Dis ’n uitgebreide reeks elegante maar bekostigbare hoëgehalte-huisware en kosprodukte. Dié opwindende reeks sluit kulinêre gunstelinge soos olyfolie, balsamiese asyn, sout- en pepermeule, ingelegde produkte en meer in. Die huiswarereeks sluit alles van kapborde tot wynglase, tafeldoeke en braaipanne in.

 

Beplan jou Kersspyskaart!

Checkers het al die tradisionele feeskosgunstelinge soos braaistukke, ham, soutbeesvleis, tong, kalkoen en Turducken, goedgekeur deur die SA sjefsvereniging, asook die liplek-lekker 4-Bird Roast (ontbeende lae kalkoen, eend, hoender en kwartel) sodat jy die perfekte Kersmiddag-of aandete kan voorsit.

 

Om die vierings af te rond sal daar ook ’n verskeidenheid Kerskoeke en vrugtekoeke, blikke koekies, sjokolades, vrugtepasteitjies en ander feeshappies beskikbaar wees.

 

Tjeers!

Kry groot besparings met die 20% afslag op grootmaat-wynbestellings (per boks van ses) aanlyn of in winkels.

 

 

Die Checkers-selfoon-app met Eezi-Coupons gee klante toegang tot kitskoepons vir verdere besparings op feestydinkopies. Die Checkers-Kerskatalogus is in winkels beskikbaar en kan by www.checkers.co.za besigtig word. Gaan kyk gou daar vir ’n paar fantastiese geskenk- en dekoridees!

 

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief