×
Skakel na Engels

Kos is op die tafel

Hoe om jou gesin te kry om nié voor die televisie te eet nie

V: Ek het ’n bietjie raad nodig … Het julle enige wenke oor hoe ek my gesin sover kan kry om aan tafel aandete te eet eerder as om voor die televisie te eet? – Cheryl Kahla Roelofsz

A: Om saam aandete te geniet, is ’n wonderlike manier vir ouers en kinders om op hoogte te kom van die dag se gebeure. Begin deur vir jou gesin te sê dat julle van nou af drie aande van die week by die tafel gaan aansit vir aandete. Kry drie aande wat álmal pas en hou dan by jul reëling. As daar ’n spesifieke televisieprogram is wat jou kinders graag wil kyk, laat hulle toe om dit op te neem sodat hulle dit later kan kyk.  – Sally Emery, GH-redakteur

A: My kinders is nog klein en dis vir hulle baie lekker om tafel te dek. As hulle eers sien hoe lekker ’n mens saam kuier, sal hulle dit geniet om aan tafel te eet. Ons maak beurte om mekaar van ons dag te vertel. Ons eet nou ook ontbyt saam. – Madeleine Marais, Centurion

A: Maak etenstyd pret sodat almal saam sal wil wees – voer gesprekke, bespreek mekaar se dag en lag baie. – Debby Esselen Gordon, Centurion

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief