×
Skakel na Engels

Koop jou kaartjies na die Bekende Bobaas-Bakkers-teeparty

Kom kuier saam met Goeie Huishouding, die Expresso-sjef Zola Nene en Afternoon Express se Clement Pedro in Kaapstad vir ’n middag propvol bakinspirasie en watertandlekker eetgoed

WAAR: D’aria in Durbanville, Kaapstad

DATUM: Vrydag 12 Augustus 2016

TYD: 14:00 tot 17:00

KOSTE: R295 per persoon*

Ons vier vroue en Nasionale Vrouemaand met die grootste Bobaasbakkers- teeparty tot nog toe, aangebied deur Goeie Huishouding en die borge Bakers, Danone NutriDay, Clicks en Glad. Die geleentheid, wat op die prentjiemooi D’Aria-wynlandgoed in Kaapstad gaan plaasvind, sal jou inspireer om pragtige gebak by die huis te skep. Die stersjefs Zola Nene en Clement Pedro beloof om hope wenke en raad te deel, asook van die geheime wat hulle al as TV-kokke en -bakkers geleer het.

Die hoogtepunt van ons jaarlikse Bobaas-bakkers-geleentheid is natuurlik dat jy, ons getroue leser, van al die soet en sout gebak in hierdie Bobaasbakkers-uitgawe by dié spoggerige teeparty-buffet kan proe! Ons het 19 Suid-Afrikaanse selebs gevra om hul gunstelingbakresep met ons te deel. Jy sal dus verruklike gebak van bekendes soos Derek Watts, Kurt Darren, Tim Noakes en Diaan Lawrenson kan proe.

7 redes hoekom jy vandag nog  moet bespreek:

1 Die stersjefs Zola Nene en Clement Pedro sal hul bakwenke en -tegnieke met jou deel.

2 Jy kan aan al die selebs se geregte in ons Augustus-uitgawe uitgawe smul.

3 Jy kan fantastiese pryse in ons loting wen en ’n wonderlike organisasie, S-CAPE, ondersteun.

4 Jy kry ’n GH-geskenksak propvol verrassings plus ’n drie-maande-intekening op Goeie Huishouding of Good Housekeeping.

5 Jy kan na ’n inspirerende spreker luister.

6 Jy sal nuwe kunsies leer vir hoe om self ’n puik teeparty te hou.

7 Jy kan Liezel van der Westhuizen ontmoet, wat ons seremoniemeester gaan wees!

* Lotingkaartjies sal afsonderlik aanlyn en op die dag by die venue verkoop word.

DIE GOEIE DOEL

Bemagtig vroue deur aan ons loting deel te neem – die opbrengs sal aan S-CAPE gaan, ’n liefdadigheidorganisasie wat ’n veilige hawe bied vir vroue wat aan seksuele misbruik ontsnap het. Besoek www.s-cape.co.za vir nog inligting.

Deel jou ervaring met ons deur #GHBakeStars te gebruik

KOOP JOU KAARTJIES HIER:

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief
 
Advertensie-promosie: Bak blitsig heerlike happies met Tina Bester!

Die Clicks Love to Bake-reeks met Tina Bester, het alles wat jy in die kombuis nodig het om gebakte meesterstukke...

Close