×
Skakel na Engels

Koop: 6 winterbykomstighede vir minder as R200

Bly dié winter snoesig met hierdie sakpas bykomstighede

Dis tyd om op te krul en snoesig te raak in die koue. Die winter is hier met mening – en dis ’n goeie ding dat bykomstighede nie net prettig en stylvol kan wees nie, maar ook bekostigbaar.

 

Hier is ses stylvolle dog bekostigbare bykomstighede vir die seisoen wat jou nie ’n fortuin sal kos nie:

1. ’n Bonkige gebreide mus

’n Eenvoudige manier om informeel-sjiek te lyk terwyl jy jou kop en ore teen die koue beskerm.

Lees ook: Koop ’n fantastiese jas vir minder as R800

 

 

Screen Shot 2016-07-20 at 10.13.27 AM

Koop dié mus vir net R119 by Miladys

 

2. ’n Hhareband met tossels

’n Noupassende hareband is nie net prakties nie, maar sal ook jou nek warm hou sonder dat jy daarmee moet vroetel om te verseker dat dit goed lyk.

Screen Shot 2016-07-20 at 10.16.20 AM

Koop dié hareband vir net R159 by Miladys

 

3. Kunspels-kosakmus

Kikker jou wintervoorkoms op met ’n kunspels-kosakmus. Dit het al die voordele van ’n gebreide mus, maar is tog te modieus!

Screen Shot 2016-07-20 at 10.21.02 AM

Koop hierdie Queenspark-kosakmus vir net R189 by Zando

 

4. Grys handskoene

Hou jou ysige hande en vingers warm wanneer jy op koue oggende die kinders by die skool gaan aflaai deur in ’n paar sagte handskoene te belê.

Screen Shot 2016-07-20 at 10.25.57 AM

 

Koop hierdie handskoene vir net R149 by Miladys

 

5. Fedoramet ’n lint

Dollie ’n eenvoudige winteruitrusting in ’n kits op met ’n gestruktureerde fedora.

Screen Shot 2016-07-20 at 10.36.36 AM

Koop dié vlootblou Edit-fedora vir R89 (nou op uitverkoping vir net R60) by Spree

 

6. Serp met palmboommotief

Voeg ’n tikkie kleur by jou uitrusting met ’n palmboomserp vir ’n vars wintervoorkoms.

Screen Shot 2016-07-20 at 10.40.39 AM

Koop dié Lily & Rose-serp vir net R125 (nou op uitverkoping vir R94) by Spree

Geniet die inkopies!

Lees ook: Briljante wenk vir ’n broek en stewels

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief
 
Vinnige wenk om ’n ring af te kry wat vassit

So ’n vinnige, maklike manier om ’n hardnekkige ring veilig af te haal! Al wat jy nodig het, is ’n...

Close