×
Skakel na Engels

Kontrolelys vir jou vakansiereis

Wenke vir padreise wat jy moet weet
vakansiereis

Tien wenke om jou volgende vakansiereis aangenaam en veilig te maak:

1. Laat jou motor voor die reis nagaan – dit sluit ruitveërs, ligte, die voorruit, bande en remme in – asook enige iets wat jy gaan sleep. Dis altyd ’n goeie idee om jou motor se wielbalansering en -sporing te laat nagaan om ’n gladde, veilige rit te verseker.

2. Handhaaf ’n volgafstand van ses sekondes wanneer die paaie nat is of wanneer jy saans ry; andersins is twee sekondes genoeg op ’n sonnige dag.

3. Laai die AA Rescue Service-app af, wat jou toegang tot bystanddiens sal gee, of jy nou ’n AA-lid is of nie. Besoek www.aarescue.co.za vir nog inligting.

4. Onthou altyd om gereeld stil te hou om te rus, jou bene te strek en badkamer toe te gaan. Moegheid is een van die hoofoorsake van ongelukke in die feestyd, saam met roekelose en dronkbestuur.

5. As jy verder as 1 000 km gaan ry en nog ’n bestuurder saam met jou in die motor het, verdeel die afstand tussen julle om te verseker dat julle jul bestemming veilig bereik.

6. As jy kinders in die motor gaan hê, neem motorvriendelike speletjies saam wat hulle kan speel om hulle besig te hou.

7. Gee jou kinders medikasie vir reissiekte voordat julle in die pad val as hulle geneig is om karsiek te raak. Probeer armbande soos Sea Bands, wat ’n klein plastiekborrel het wat druk op ’n sekere punt op die pols toepas. Dit is blykbaar ’n akudrukpunt en help om reissiekte te keer. Onthou, reissiekte word veroorsaak as jy nie die pad voor jou kan sien nie. Laat klein kinders op ’n hoër kindersitplek (booster seat) sit as hulle nie by die venster kan uitkyk nie.

8. Reis altyd met baie water om gehidreer te bly, veral as julle gedurende die dag ry en dit sonnig is. Hou ook peuselhappies in die motor, maar probeer om nie te eet terwyl jy bestuur nie, want dit kan jou aandag aftrek.

9. As jy ’n roker is, onthou dat dit ’n oortreding is om met kinders in die motor te rook. As jy alleen of saam met ander volwassenes ry, moenie jou sigaretstompies by die venster uitgooi nie.

10. Die belangrikste van alles: Hou by die spoedbeperkings!

LEES OOK:

8 motorveiligheidstoetse wat jy moet doen voordat jy die langpad vat

10 reiswenke vir ’n veilige, gelukkige reis padlangs

10 wenke vir motoreienaars om geld te spaar

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief
 
Waitrose se Kersadvertensie volg ’n klein rooiborsie se lang pad huis toe

Dis oukei om te huil

Close