×
Skakel na Engels

Kombuishelpers

Skoon masjiene werk op hul doeltreffendste. Kry ’n skoon …

 

 

Mikrogolfoond

Laat kook ’n bakkie water met ’n halwe suurlemoen daarin vir vyf minute om die vuiligheid los te maak. Was die binnekant met ’n spons.

 

Koffiemaker

Laat loop ’n mengsel van gelyke hoeveelhede water en asyn daardeur. Skep ’n bietjie koeksoda in die beker en doen dan ’n “spoelsiklus” met net water. As die koeksoda begin borrel, is die asyn nog nie uitgespoel nie – herhaal die proses.

 

Yskas

Los die rakke dié keer … maak die kondenseerklos skoon. Dis onder of agter die yskas en wanneer dit vuil is, verkoel die yskas nie so goed nie. Koop ’n spesiale borsel daarvoor by ’n hardewarewinkel of gebruik jou stofsuier se plat hegstuk.

 

Skottelgoedwasser

Om dit vinnig en doeltreffend skoon te maak, gooi ’n koppie witasyn in die bodem van jou (leë) wasser en laat dit dan deur ’n normale wassiklus loop.

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief
 
Grawe, vurke en ander goeters

Of jy net onlangs die vreugdes van tuinmaak ontdek het of al lankal ’n hand vir ’n plant het, hier’s...

Close