×
Skakel na Engels

Kom vier saam fees!

Die glanssjef en Goeie Huishoudingvoorbladster Jenny Morris gaan haar kookgeheime vir die feestyd in die spoggerige The Table Bay deel, met vergunning van Nestlé en Goeie Huishouding

 

 

As jy jou Kersfees ekstraspesiaal wil maak, moet dan nie ons Kuier-om-die-Kerstafel-middagete misloop nie. Kom geniet ’n middag van bobaasraad, wenke wat jou sal tyd spaar, ’n verruklike feesmaal en feestelike inkopies!

 

 

8 redes hoekom jy vandag moet bespreek

 

 

1. Die glanssjef Jenny Morris gaan kookwenke en kosdemonstrasies gee.

2. Ons dekorghoeroe, Vicki Sleet, sal jou wys hoe om jou Kerstafel vernuftig en kreatief te versier en hoe om geskenke op die Goeie Huishouding-manier toe te draai.

3. ’n Smullekker tweegangete.

4. Kersfeesstalletjies waarby jy vroegtydig geskenke kan koop. Kaartmasjiene sal beskikbaar wees.

5. Jy kry ’n gratis drie-maande-intekening op die Goeie Huishouding-tydskrif.

6. Jy kan fantastiese pryse in ons loting wen en só die Stigting vir Orgaanskenking ondersteun.

7. Jy kan ’n genotvolle middag in een van Kaapstad se beste vyfsterhotelle, The Table Bay, deurbring.

8 ’n Geskenksak propvol vrolike Kersbederwe.

 

 

 

PLEK: The Table Bay, Kaapstad

DATUM: Dinsdag 9 Desember 2014

TYD: 11:00 tot 15:00

KOSTE: R295

Drag: Rooi en wit

 

* Deel jou ervaring van dié geleentheid op sosiale media met die hutsmerk #GHKerstafelKuier

 

 

WYS JOU KOOKVERNUF MET NESTLÉ

Alle bobaas-maaltye begin met bobaas-bestanddele en dis waarom geen kombuis sonder Nestlé se kookprodukte moet wees nie. Nestlé se kookmelke en kakaopoeier is veelsydige spens-staatmakers. Nestlé werk in alles, van voor- tot hoof- en nageregte. Om ons Facebook-blad te “like” gaan na www.facebook.com/Nestle.

 

 

WEELDE BY DIE WATERS

The Table Bay is langs die V&A Waterfront geleë en het ’n mooi uitsig op Tafelberg en die Atlantiese Oseaan. Dis die ideale plek om die skoonheid van Kaapstad te ontdek. As een van die tophotelle in Kaapstad bied The Table Bay bekostigbare vyfsterluuksheid vir paartjies en gesinne. Moderne kamers wat met stylvolle meubels ingerig is, wêreldklasgeriewe en luukse spabehandelings maak The Table Bay die allerbeste bestemming. Die hotel se uitmuntende persoonlike diens verseker dat The Table Bay ’n gewilde verblyfkeuse onder plaaslike en internasionale gaste is. Vir meer inligting besoek suninternational.com/table-bay.

 

RED SEWE LEWENS!

Kersfees is ’n tyd van vrygewigheid en omgee. Al die geld wat met die loting by die GH-geleentheid ingesamel word, sal dus aan die Stigting vir Orgaanskenking geskenk word. Dis ’n organisasie sonder winsbejag met die doelwit om die kritieke tekort aan orgaanen weefselskenkers in Suid-Afrika die hoof te bied. Een skenker kan sewe lewens red en baie ander help om ’n beter lewe te lei. Om meer uit te vind, as ’n skenker te registreer of geld te skenk besoek www.odf.org.za.

 

 

 Die perfekte Kersfees met Netstlé – Kliek hier vir feestelike resepte 

 

 

 

 

Vir heerlike aaratppel-resepte, kliek hier  

 

 

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief
 
Huletts mini-appel-en-gemmerpasteitjies met ’n amandelkrummel-bolaag

Close