×
Skakel na Engels

Kom kuier saam met ons

Sluit by die stersjef Sharon Glass en Goeie Huishouding aan vir ’n plesierige middag by die WEES RUSTIG, LEEF RUSTIG-GELEENTHEID MET TWO OCEANS-WYNE waar jy smullekker happies vir jou kuiermense kan leer maak

 

 

By Two Oceans-wyne weet ons hoe gejaagd die lewe kan wees en daarom is ons seker dat wanneer jy vriende vir ’n rustige kuier oornooi, jy beslis nie ure agter die kospotte wil deurbring nie. Woon ons Wees Rustig, Leef Rustig-geleentheid by en ons sal jou wys hoe maklik dit is om heerlike, eenvoudige peuselhappies vir ’n moeitevrye onthaal te berei. Die stersjef Sharon Glass sal van haar geheime resepte deel en jou wys hoe om watertandgeregte met bestanddele van Mediterranean Delicacies te maak wat die minimum moeite verg en uithaler-resultate lewer. Gaste sal self ook ’n paar geregte kan maak wat saam met Two Oceans se heerlike wyne geniet sal kan word. Die druiwe waarvan Two Oceans-wyne gemaak word, geniet die ideale weerstoestande – ’n koel seebries en die warm Afrika-son – wat dit stadig laat ryp word en die geure verskerp sodat dit goed gebalanseerde lekkerdrinkwyne kan maak.

 

DATUM: Vrydag 10 Oktober 2014

TYD: 14:00 tot 17:00

PLEK: 14de Laan 35, Houghton, Johannesburg

KOSTE: R150 per persoon

 

 

 

 

Bespreek HIER jou kaartjie

 

 

Vyf redes om vandag nog jou plek te bespreek!

 

1. Canapés by jou aankoms en ’n wynparing met vergunning van Two Oceans-wyne.

2. Sharon Glass sal haar ekspertwenke en -kunsies deel en jou wys hoe om verruklike happies te maak.

3. Gaste sal kans kry om self happies vir ’n somerkuier te berei.

4. ’n Gratis drie-maande-intekening op Goeie Huishouding.

5. ’n Goeie Huishoudinggeskenksak propvol allerhande verrassings.

 

 

Sharon Glass se kookskool

 

Sharon bied gereeld kosklasse in haar kookskool aan. Besoek haar webwerf, www.sharonglass.co.za, vir besonderhede.

 

Kook saam met Sharon Glass

 

Die sjef, skrywer en Goeie Huishouding-rubriekskrywer Sharon Glass het al nege topverkoper-kookboeke geskryf. Haar eenvoudige, onopgesmukte benadering tot kos het haar ’n lojale aanhang besorg. Sy is ook ’n gewilde TV-persoonlikheid met haar eie suksesvolle kosprogramme, Food in a Flash en Simple Stylish Meals.

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief