×
Skakel na Engels

Kollageenaanvullings: Kan jou vel daarby baat vind?

Hier is die feite oor hierdie proteïen, die voordele daarvan en hoe jy dit by jou dieet kan insluit
Kollageenaanvullings

Almal wat die wysers wil terugdraai en al ’n besoek by hul plaaslike kosmetiese chirurg afgelê het, weet van kollageen, die gelatienagtige proteïen wat jou bene, hare en vel versterk, en veronderstel is om die verouderingsproses te help vertraag.

Dit word gewoonlik met ’n inspuiting toegedien, maar ’n nuwe modegier wat vinnig veld wen en deur beroemdes oor die wêreld heen voorgestaan word, is die mondelikse inname daarvan.

Tot op 25-jarige ouderdom bestaan ons vel uit 80% kollageen, waarna dit met ongeveer een persent per jaar afneem. Ons vel en hare kan ernstig skade ly indien ons nie stappe doen om dit te vervang nie.

Al is daar heelwat topikale skoonheidsprodukte wat hierdie bestanddeel bevat, beweer dermatoloë  dat die aanwending daarvan op ons vel nie altyd ewe doeltreffend is nie, aangesien dit nie behoorlik opgeneem word nie. Deur kollageen mondeliks in te neem word dit afgebreek en in die liggaam versprei waar dit nodig is. Klink dit na iets wat jy wil probeer?

Só kan jy seker maak dat jy jou daaglikse kwota inkry:

1. Inkorporeer dit by jou dieet

Kosse soos vis, eiers, bessies en sojamelk is bekend daarvoor dat dit die liggaam se kollageenproduksie verhoog. Om gereeld daarvan te eet (en te drink) kan jou lyf dus help op optimaal te presteer en op ’n natuurlike manier genoeg kollageen te produseer.

Lees: 5 kosse vir ’n vlekkelose gelaat

2. Sluk ’n pil

Vir ’n vinnige, maklike en pynlose manier om seker te maak dat jy jou daaglikse dosis kollageen inkry, kan jy by jou apteek of gesondheidswinkel inloer en ’n aanvulling soos Solal Collagen Plus Skin Essentials koop.

Lees: Multivitamiene: 4 van jou algemene vrae beantwoord

3. Drink op! 

Skoonheidshuise vervaardig nou drankies propvol kollageen wat spesifiek daarop gerig is om die toestand van jou vel en hare te verbeter. Een so ’n produk wat onlangs sy toetrede tot die Suid-Afrikaanse mark gemaak het, is Collagen Lift. 

FOTO: iStock/PeopleImages

LEES OOK:

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief
 
7 wenke om elke druppel van jou skoonheidsprodukte te gebruik

Het jy jou oogskadupalet laat val? Of is jy ’n bietjie platsak? Wat ook al, dis nie nodig dat jou...

Close