×
Skakel na Engels

Koffie vs. tee

Wie sou kon raai dat jou geliefkoosde warm drankie in die voorste linie teen depressie, kanker en talle ander siektes veg? Maar watter een is die gesonder keuse?

Die antwoord is … enige een.

 

Volgens navorsing bied albei onvoorsiene gesondheidsvoordele.

 

Volgens ’n studie wat aan die Harvard University in die VSA gedoen is, het vroue wat gemiddeld vier koppies koffie per dag gedrink het hul risiko vir endometriale kanker (wat in die baarmoederslymvlies voorkom) met 25% verminder. Tee bevat ook kankerwerende antioksidante.

 

Dié drinkgoed kan moontlik ook jou gemoed lig – koffie word met ’n afname in depressie verbind en tee kan jou minder angstig laat voel.

 

 

Só kan jy daardie vroegoggend-trosie vir jou laat werk:

 

1. HOU BY WARE KOFFIEKAPITAAL (INDIEN MOONTLIK)

Kafeïenvrye koffie of tee het nog nie konsekwente gesondheidsvoordele getoon nie. Gewone koffie kan egter tot 200 mg kafeïen per 240 ml-koppie bevat en tee tot 60 mg per koppie. Daarom moet jy eerder by kafeïenvrye koffie hou as jy met glukemiese indeksprobleme soos prikkelbaredermsindroom sukkel.

 

2. LAAT STAAN DIE VERROMER

In ’n Switserse studie is bevind dat kunsmatige verromers en suiker wat by koffie geroer word die absorpsie van antioksidante beïnvloed. Gebruik eerder beesmelk, soja- of amandelmelk as jy jou koffie wil kleur.

 

3. DRINK JOU TEE SWART

Melk kan tee se hartgesonde voordele verminder, is in ’n Duitse studie bevind. En van swart gepraat: Groentee is moontlik die gesondste tee van almal, maar alle lede van die Camelia sinensis-genus (die plant wat gebruik word om Chinese tee te maak)
– swart-, wit- en oelongtee, asook groentee – is goed vir jou.

 

 

Lees ook:

5 topvrae oor kafeïen beantwoord

Hoeveel kafeïen bevat dit?

Klink ’n koppie op jou gesondheid

 

 

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief
 
4 maniere om jouself slanker te peusel

Dié wenke oor wat en wanneer om te eet sal jou aptyt verminder, jou metabolisme versterk en jou help om...

Close