×
Skakel na Engels

Knap só jou kombuis in ’n naweek op …

… sonder om ’n fortuin te bestee!
kombuis

’n Leser het die volgende vraag gehad oor hoe om nuwe lewe in haar kombuis te blaas:

“Ek sou graag my hele kombuis wou oordoen, maar my begroting laat dit nie toe nie. Enige idees vir ’n nuwe voorkoms?”

En dis wat ons leefstylredakteur, Vicki Sleet, geantwoord het:

Kikker dit oor ’n naweek op deur jou kombuiskaste ’n vars laag verf te gee. Gebruik waterbasisverf soos Dulux PearlGlo Waterbased, wat vinnig droog word en baie duursaam is. Hier is Dulux se wenke:

1. Verwyder eers al die deurknoppe en handvatsels. Gebruik maskeerband om skarniere en glas te beskerm. Bedek die vloer met stofdoeke indien nodig.

2. Was leë kaste met suikerseep of ’n sterk reinigingsoplossing, en verwyder enige seepoorblyfsels met ’n klam lap.

3. Wanneer dit droog is, skuur dit met fyn skuurpapier. (Jy kan dié stap uitlaat as jou kaste ’n melamien- of hoëglansoppervlak het.) Vul gaatjies met ’n klaargemengde vuller van goeie gehalte, en skuur dit weer.

4. Wend ’n hout- of melamiengrondlaag aan, na gelang van die oppervlak. Gebruik ’n klein verfroller vir ’n gladde afwerking.

5. Wend twee lae verf aan. Wanneer die eerste laag droog is, skuur dit met fyn skuurpapier vir ’n professionele afwerking. Vee enige stof met ’n klam lap af.

6. Wanneer die tweede laag droog is, verwyder die maskeerband. Sit die knoppe en handvatsels terug.

FOTO: iStock/Feverpitched

LEES OOK:

Drie goedkoop maniere om nuwe lewe in ou meubels te blaas  

5 wenke om ’n huurhuis te versier 

11 goed wat jy waarskynlik nie van Chalk Paint™ geweet het nie  

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief
 
Die beste plek om botter te bêre

Waar bêre jy jou botter? Deur Victoria Chandler

Close