×
Skakel na Engels

Kind brand toe hy ’n toertjie met ’n ontsmettingsmiddel doen

Sy het “bloedstollende gille” gehoor toe haar 8-jarige ’n gewilde toertjie probeer nadoen. Deur Lauren Smith.

Baie kinders (en volwassenes) waag hul hand aan ’n gevaarlike toertjie waarin ’n mens hand-ontsmettingsmiddel in ’n foeliehouertjie gooi en dit dan aan die brand steek. Jy kan dan jou vingers gebruik om die brandende ontsmettingsmiddel op te skep en die vlam ’n oomblik lank vashou. Maar die toertjie kan verskriklik skeefloop as die vlamme nie gou genoeg geblus word nie.

Die agtjarige James DiTucci, wat nie die wetenskap agter hierdie video verstaan het nie, het sy eie weergawe hiervan met sy boetie en nefie probeer deur ontsmettingsmiddel oor sy hemp uit te gooi en dit aan die brand te steek. Sy ma, Tashia Souther-Ditucci, het “bloedstollende gille en krete gehoor”. Die toertjie het die seuntjie met tweedegraadse brandwonde op 15% van sy lyf gelaat en die boonste laag van die vel op sy hande is weggebrand.

Vandag waarsku Tashia ouers teen die gevare van internetvideo’s — veral wanneer kinders nie verstaan hoe dit werk nie. “ ’n Mens sien nie wat gebeur wanneer hulle die videokamera afskakel nie,” sê sy. “My seun is ’n tasbare bewys van wat kan en sal gebeur as ’n mens sulke dinge doen.” Dokters is optimisties oor James se herstel en Tashia hoop dat ouers uit haar seun se verhaal sal leer en dat sulke ongelukke in die toekoms voorkom sal word.

Uit: Good Housekeeping US

FOTO: iStock/theevening

LEES OOK:

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief
 
Wat jy moet weet wanneer jy jou kinders ontwurm

Wat jy moet weet wanneer jy jou kinders ontwurm. Lees hoe wurms die liggaam binnekom, wat die simptome is en...

Close