×
Skakel na Engels

Kies die regte melk vir jou

Daar is so baie melk-opsies beskikbaar. Hoe kies jy die beste een vir jou?

 

 

1. Die beste keuse vir die meeste van ons: Afgeroomde beesmelk (350 kJ, 0 g vet, 8 g proteïen per 240 ml-koppie) Jy kan vetvrye beesmelk nie klop nie: Een glas verskaf soveel vullende proteïen soos ’n jumbo-eier, plus 300 mg kalsium, sowat 30% van wat jy daagliks nodig het. Melk is ook ’n uitstekende manier om ’n dosis vitamien D in te kry – ’n voedingstof waarvan die meeste vroue nie genoeg kry nie, sê die dieetkundige Bonnie Taub-Dix.

 

2. ’n Proteïenryke alternatief: Sojamelk (550 kJ, 4 g vet, 8 g proteïen per 240 ml-koppie) Dis ’n vanselfsprekende keuse vir mense wat laktose-intolerant of veganiste is, maar sojamelk het baie aanhangers wat bloot van die ryk smaak hou. Dit bevat ’n bietjie meer kilojoules as afgeroomde melk, maar het ongeveer dieselfde hoeveelheid proteïen en sal jou dus net so vol maak.

 

3. Fantasties vir diëters: Amandelmelk (250 kJ, 2,5 g vet, 1 g proteïen per 240 ml-koppie) Dié effens soet melk met ’n sagte neutgeur is laer aan kilojoules as ander soorte melk. Dis ook met kalsium en vitamien D verryk. Maak net seker jy kry proteïen uit ’n ander bron vir ontbyt, want daar’s so te sê niks in amandelmelk nie.

 

4. Allergies vir alles? Rysmelk (500 kJ, 2,5 g vet, 1 g proteïen per 240 ml-koppie) As jy intolerant vir laktose, soja en neute is, is rysmelk tot jou redding. Kies net handelsmerke wat met kalsium en vitamiein D verryk is om voedingstowwe in te kry. Dit sal jou ook nie vol maak nie, want dit bevat maar 1 g proteïen.

 

Deur Nicci Micco

 

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief
 
Kyk die lokprent vir That Sugar Film

That Sugar Film dokumenteer Damon Gameau se 60 dae lange eksperiment waarin hy ’n hoësuikerdieet gevolg het, met ontstellende gevolge!...

Close