×

Kies die beste olie as deel van jou gesonde eetplan!

Meer as net olie
westfalia avo oil

Westfalia se avokado-olie is ’n goeie keuse vir kosmaak. Avokado-olie is ’n gesonder keuse, nie net omdat dit van nature cholesterolvry en ryk aan omega 3-vetsure is nie, maar ook vanweë die hoë rookpunt van 250 ºC, wat beteken dit kan met veiligheid vir kook, bak, rooster en braai gebruik word, asook om kos mee te bedruip of in te doop. Hierdie Kaliforniese quinoaslaai is propvol antioksidante, proteïen, vesel en gesonde vette, wat dit die perfekte somerslaai maak wat jy vinnig aanmekaar kan slaan. Ons het Westfalia se suurlemoengegeurde avokado-olie gebruik, maar jy kan dit deur enige van die ander beskikbare geure in die Westfalia-reeks vervang.

 

Kaliforniese quinoaslaai

Bestanddele:

1 k organiese wit quinoa

12 k swart lensies

1 groot vinkelbol, gehalveer, ontkern en dun gesny

4 groenuie, oorlangs gehalveer en in 7 cm-repies gesny

1-2 klein mango’s, geskil en in dun skyfies gesny

1 groot avokado, in dun skyfies gesny

100 g fetakaas, gekrummel

2 k aarbeie, gekap

1 k gemengde spruite

14 k sonneblomsade

 

Sitrus-avokado-olieslaaisous:

2 e appelasyn

2 t mosterd

1 e van jou gunstelingkonfyt

12 t seesout

23 k Westfalia Lemon Flavoured Avocado Oil

varsgemaalde swartpeper

 

Aanwysings:

Kook die quinoa en lensies in twee afsonderlike klein kastrolle in kokende gesoute water totdat albei al dente is, sowat 15 tot 20 minute. Die quinoa sal effens vinniger gaar word. Spoel onder koue water af en dreineer. Sprei albei op ’n bord uit en verkoel in die yskas. Meng intussen die asyn, mosterd, konfyt en sout en meng tot glad. Voeg die Westfalia Lemon Flavoured Avocado Oil stadig by tot grootliks geïnkorporeer. Geur met ’n ruim hoeveelheid varsgemaalde swartpeper. Proe en pas die geursel aan indien nodig. Meng die quinoa, lensies, vinkelskywe, avokadoskywe, groen uie en mango’s in ’n groot mengbak. Voeg die helfte van die slaaisous by en meng liggies om eweredig te versprei. Vou die gekrummelde fetakaas en gekapte aarbeie by en giet die oorblywende slaaisous by. Meng liggies deur. Skep in bakkies of ’n groot opdienskottel. Sprinkel die spruite en sonneblomsade oor en sit onmiddellik voor.

Topwenk:

Sukkel jy met ’n droë vel? Westfalia se avokado-olie is nie net fantasties vir kosmaak nie, maar ook vir jou vel. Voeg 2 eetlepels ongegeurde Westfalia-avokado-olie by jou badwater saam met ’n paar druppels van jou geliefkoosde essensiële olie vir dekadensie. Die resultaat sal jou verstom!

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief
 
Avokado’s: die smaaklike superkos

Avokado’s is nie net heerlik nie, dis ook goed vir jou. Westfalia se gerieflike, klaargemaakte guacamole maak dit maklik om...

Close