×

Kernklerekas vir werk vir minder as R1 600

Doen saam met ons inkopies! Hier is agt items vir ’n basiese en bekostigbare kernklerekas vir werk
zando top

 

Ons het ’n bietjie inkopies gedoen en hierdie agt kledingstukke vir ’n kernklerekas vir werk gekry wat nie ’n plaas se prys kos nie. Dis ideaal om met mekaar te meng en pas, asook met ander kledingstukke wat jy reeds in jou kas het.

Item 1: ’n Kakie T-hemp met ’n V-hals

Hoewel ’n T-hemp informeel kan wees, kan hierdie veelsydige item by jou werkklerekas geïnkorporeer word deur dit met ’n potloodromp, baadjie of getailleerde broek te kombineer.

Item 2: ’n Swart potloodromp

’n Swart potloodromp is ’n ideale toevoeging tot enige werkklerekas en pas geronde en slank figure. Kombineer dit maklik met enige top, bloes of baadjie wat jy reeds het. Dra dit met netjiese plat skoene, hakke of sandale vir ’n elegante voorkoms.

Item 3: ’n Blospienk bloes

’n Moulose Henley-bloes in blospienk is vroulik en elegant dog veelsydig en gemaklik om in die somer te dra. Dié top kan by enige romp of getailleerde broek en onder ’n baadjie op koeler dae gedra word.

Item 4: ’n Patroonbedrukte potloodromp

’n Patroonbedrukte potloodromp is ’n onkonvensionele, kleurryke toevoeging tot ’n basiese kantoorklerekas. Die kleure van hierdie potloodromp sal goed by die kakie T-hemp en blospienk bloes in hierdie kernklerekas pas, en jy kan dit ook saam met enige neutrale tops en bloese dra wat jy reeds het.

Item 5: ’n Swart baadjie

’n Swart baadjie is ’n noodsaaklike item in enige werkklerekas. Hierdie een van MRP is boonop ’n billike prys! Jy kan dit saam met al die items dra wat ons hier vertoon, asook saam met enige ander items in jou klerekas.

Item 6: Oorkruissandale met blokhakke

Hierdie veelsydige sandale is ’n winskopie en kan by rompe of broeke gedra word. Blokhakke is ook veel gemakliker as stiletto’s, veral in ’n kantooromgewing.

Item 7: ’n Slooprok met ’n belt

Jy kan nie ’n fout maak met ’n slooprok nie, veral een met ’n subtiele, gesofistikeerde swart-en-wit patroon. Hierdie slooprok met ’n belt kan saam met die baadjie en sandale hier bo gedra word. Jy kan dit ook saam met plat sandale en ’n getailleerde knooptrui dra vir ’n informeler voorkoms.

Item 8: Enkelbroek

’n Swart broek pas by amper enige iets. Dra dra saam met ’n T-hemp en hoëhakskoene vir ’n eenvoudige dog elegante voorkoms.

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief
 
10 maniere om blompatrone by die werk te dra

Moenie jou blombedrukte klere in jou kas wegsteek tot die volgende lente nie. Blompatrone is ideaal om by jou werkklerekas...

Close